Voorval tydens Kersparade eis 5

‘n Afgesperde straat in Waukesha. (Foto: Getty Images via AFP)

Die amptelike dodetal staan tans op vyf nadat ’n motor Sondag deur die skare by ’n Kersparade in die Amerikaanse deelstaat Wisconsin geploeg het.

Die aantal beseerdes het intussen van 20 na minstens 40 opgeskiet.

Die polisie in Waukesha, ’n voorstad van Milwaukee, sê dié syfers kan moontlik nog verder styg namate meer inligting rakende die voorval bekom word.

’n Gehuil en gille van mense kon gehoor word toe ’n rooi sportnutsvoertuig omstreeks 16:30 deur versperrings gebreek en verby toeskouers tot reg in die parade gejaag het. Ooggetuies vertel dat die motor in ’n skool se marsjeerorkes ingejaag het.

Sandra Peterson, ’n woordvoerder van die Milwaukee Katolieke kerk, het in ’n verklaring gesê een van dié kerk se Katolieke priesters is onder die beseerdes, asook verskeie gemeentelede en Katolieke skoolkinders van Waukesha.

Maroela Media het vroeër vandag berig skote is deur ’n polisiebeampte op die motor afgevuur in ’n poging om dit tot stilstand te bring en ’n “persoon van belang” is ná die voorval in aanhouding geneem.

Pres. Joe Biden het intussen ’n inligtingsessie oor die voorval ontvang en die Withuis hou die situasie in Waukesha fyn dop, het ’n amptenaar van Biden se administrasie gesê.

“Ons harte gaan uit aan almal wat deur hierdie verskriklike voorval geraak is. Ons het na staats- en plaaslike amptenare uitgereik om enige ondersteuning en bystand te bied soos nodig.”

Die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) verleen ook tans bystand.

Skole en paaie in Waukesha het Maandag gesluit gebly terwyl die polisie sy ondersoek na die voorval voortsit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Lyk my die terroris het ‘n sportnutsvoertuig gebruik en nie ‘n groot trok soos nou al ‘n paar maal in Europa. Weet nie hoekom dit altyd ‘n persoon van belang moet wees nie?. Die persoon het daai sportnutsvoertuig beseer, en is toe uit die sportsnuts uit gehaal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.