Vyfjarige skiet broer dood

(Argieffoto: pixabay)

’n Vyfjarige seun van Arkansas, Amerika, het sy agtjarige broer in ’n “tragiese ongeluk” by sy ouerhuis doodgeskiet.

SkyNews berig nooddienste is Donderdag na die huis in Jefferson County, Arkansas, ontbied waar hulle die agtjarige seun se lewelose liggaam aangetref het. Die kind is op die toneel dood verklaar en ’n nadoodse ondersoek sal uitgevoer word.

Vier ander broers en susters en die ma was vermoedelik in die huis toe die noodlottige skoot afgevuur is.

Ondersoekers glo dit was ’n ongeluk.

Sheriff Lafayette Woods het dit as ʼn tragiese voorval wat vermy kon word, beskryf.

“Ek kan nie sterk genoeg beklemtoon dat vuurwapens te alle tye op veilige plekke bewaar en uit die hande van kinders gehou moet word nie,” het Woods gesê.

“Vuurwapeneienaars wat nie hul vuurwapens behoorlik beveilig nie, is net ʼn breukdeel van ʼn sekonde ver van een van hierdie tragedies wat in hul huise gebeur.”

Volgens statistieke van die Brady Campaign, ’n groep sonder winsmotief wat pleit vir wapenbeheer, word 321 mense daagliks in die Verenigde State geskiet, van wie 111 noodlottige beseer word. Onder hierdie slagoffers is sowat 22 kinders en tieners.

Die Arkansas‑departement van menslike dienste is van die skietery in kennis gestel. Maatskaplike werkers is ontbied om die welstand van die kinders wat in die huis woon sowel as ander omstandighede te assesseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Barney ·

Dis net skietongelukke en massa skietery in die VSA, maar steeds wil mense nie wapenbeheer hê nie. Ek verstaan glad nie hierdie (mynsinsiens) selfsugtige en kortsigtige siening nie.

LIEZL ·

Mense verstaan nie die verantwoordelikheid wat saam met wapens gaan nie. Jy as wapen eienaar het ‘n groot verantwoordelikheid. Dis jammer as dit in verkeerde hande beland. Dan gebeur die ongelukke en massa skietery. Niks met wapenbeheer te doen nie

Andre ·

Kinders weet nie meer waarvoor vuurwapens gebruik word nie.

yahneh ·

Die statistieke is skrikwekkend. Kinders behoort nie aan vuurwapens blootgestel te word nie. Die ouers moet aanspreeklik gehou word. Dis blatante nalatigheid.

Gert ·

Daar is nie meer dissipline nie kindertjies word nie geleer om goed uit te los nie want hulle gatte mag nie slae kry nie. 20 Jaar terug was daar nie sulke nonsens toe ons nog pak gekry het nie. Bring slae terug en sien die verandering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.