Werker brand los by VSA-spoorwerf

Lede van die publiek lê blomme buite die spoorwerf in San Jose neer waar agt mense doodgeskiet is. (Foto: Philip Pacheco/Getty Images/AFP)

Agt mense is dood en talle beseer nadat ’n openbare vervoerwerker Woensdag by ’n spoorwerf in San Jose, Kalifornië, losgebrand het.

Dít volg enkele dae nadat die Gun Violence Archive bekendgemaak het dat daar reeds 200 massaskietvoorvalle sedert die begin van die jaar in die VSA was. Die voorval by die spoorwerf het die voortslepende vuurwapendebat in die VSA weereens in die kollig geplaas.

“Wat is fout met ons en wanneer sal ons dit verstaan en hanteer?” het Gavin Newsom, Kalifornië se burgemeester, tydens ’n mediakonferensie gesê.

Newsom het die polisie geprys vir hul spoedige reaksie nadat verskeie 911-oproepe oor ’n aktiewe skietery reeds vroeg Woensdagoggend deur mense gemaak is.

Volgens die polisie het die skietery ongeveer 07:00 tydens ’n personeelvergadering, waarby sowat 80 werknemers teenwoordig was, uitgebreek.

Die verdagte, wie se naam nie bekend is nie, het homself met die polisie se aankoms op die toneel geskiet.

Volgens die verdagte se gewese vrou, Cecilia Nelms, het hy glo gereeld dreigend en met woede oor sy kollegas en werkgewers gepraat – ’n woede wat hy glo dikwels op haar uitgehaal het.

Pres. Joe Biden het die voorval as ’n “afgryslike tragedie” bestempel en beveel dat vlae halfmas moet hang.

“Minstens agt families sal nooit weer heel wees nie,” het Biden in ’n verklaring gesê.

“Weereens dring ek aan by die Kongres om onmiddellik in te gryp en doen ’n beroep op Amerika, insluitend die talle vuurwapeneienaars, om ’n einde aan die epidemie van vuurwapengeweld te maak.”

’n Waak sal Donderdag ter nagedagtenis aan die slagoffers, wie se name nog nie bekend is nie, gehou word. Die polisie ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marius ·

Interesant hoe die meerderheid van die voorvalle in anti-wapen state plaasvind….

Sarel ·

Wat ‘n Tragedie ….maar Mediadrkking glo ek speel
Rol in toename van voorvalke

Eclectus ·

Ek is oop vir korreksie maar ek verstaan dat meeste massa skietvoorvalle in die VSA in sogenaamde “gun free zones” plaasvind.

Jaco ·

Darem mooi human rights en mooi gevolge van “defunding the police” sedert Biden president is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.