Podlitiek-onderhoude: Pikkie Greeff oor die weermag, Trump en die verkiesing

Opgestel deur die Podlitiek-span

Pikkie Greeff. Foto: Podlitiek

Tydens hierdie uur lange episode het Paul Maritz en Daniël Eloff die voorreg om met Pikkie Greeff, die nasionale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu), te gesels.

Die episode skop af met Greeff wat bietjie meer vertel oor die werk wat Sanwu doen en ons hoor uit eerstehandse ervaring hoe die Suid-Afrikaanse weermag vandag lyk en funksioneer. Greeff maak die punt dat dit moeilik is om die weermag vandag te vergelyk met die weermag van 30 jaar gelede omdat dit nie meer dieselfde rol en funksie vervul nie.

Greeff is ʼn uitgesproke sosialemediagebruiker en Daniël fokus bietjie op die kritiek wat hy oor die algemeen teen politieke partye in Suid-Afrika lewer. Greeff argumenteer dat daar soms ʼn klein onderskeid te tref is tussen die DA en die ANC en dat selfs die DA gereeld misluk om behoorlike dienste te lewer.

Die gesprek draai dan na die ander kant van die Atlantiese Oseaan en spesifiek na die Amerikaanse president Donald Trump. Greeff is van mening dat alhoewel Trump grootliks goed regeer, sy waardigheid homself en die VSA in die steek laat. Trump se uitlatings oor byvoorbeeld oud-senator John McCain is kommerwekkend vir baie mense en veral vir persone wat in die weermag self gedien het. Trump lewer gereeld kommentaar oor kwessies van die weermag alhoewel hy nie self gedien het nie.

Hierna bespreek die drie sprekers politieke ideologie in die Suid-Afrikaanse konteks en hoe dit vir meeste Suid-Afrikaners van min tot geen belang is in ʼn tyd waar basiese dienslewering nie eers behoorlik geskied nie. Die episode sluit af deur kortliks te gesels oor wat ons in 2019 se verkiesing kan verwag.

  • Is jy onseker oor ons land se toekoms? Voel jy dalk oningelig oor politieke kwessies wat aan die orde van die dag is? Dan is Podlitiek die ideale instrument om jou opinie mee te slyp! Sit gerus die gesprek in die kommentaarafdeling voort, en onthou om Podlitiek op Iono.fm, YouTube en iTunes te volg.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

Vanuit die oogpunt van ‘n soldaat sal ‘n ander een gerespekteer word en sy heldhaftige aksies besing word. McKain se doen en late is deur baie voor Trump bevraagteken en sy betrokkenheid by die Okraine met sy seun in ‘n hogere pos daar, veral tydens die opstande, is hoogs verdag. McKain is besig om Trump te dwarsboom in ‘n poging om hom tot ‘n val te bring. Hy is lank reeds ‘n politikus en wil die volgende president word en gou. Sake in die VSA het vele kante en die pers draai die kant na die publiek wat hul ideologie pas.

Hendrik ·

Sjoe, as jou feite so verkeerd is moet mens jou seker nie aan jou mening steur nie. Senator McCain is reeds twee maande gelede oorlede – hoe sal hy nou VSA president wil word?

Twakkie ·

McCain het die “geveg” met Trump begin. Hy was een van die RINOs (Republican in name only) en never-Trumpers tot sy dood onlangs. President Trump het die VSA se weermag weer binne twee jaar opgebou nadat Obama dit so te sê vernietig het deur totaal ontoereikende befondsing. Pres. Trump het ‘n enorme bewondering vir die weermag, veterane, alle wetstoepassers en “first responders” in enige noodsituasie. Hy sê dit gereeld oral en doen sy allerbeste om hulle op elke moontlike manier te ondersteun. Enigiemand wat dit nie weet nie, is oningelig.

Hendrik ·

Vir die meeste republikeine in die VSA is Trump ‘n enorme verleentheid. Hulle het ‘n groot blaps begaan om hom as presidensiële kandidaad te verkies. Trump se ondersteuners raak al hoe minder – dis duidelik uit die resultate van die verkiesing van die huis van verteenwoordigers. Hierdie week het Trump die brandweermanne in Kalifornië ‘n afjak gegee oor Twitter. Hy draai sy mantel na die wind … Tans ondersteun hy die weermag omdat dit die wapenvervaardigingsindustrie sterk maak – Trump se vriende. Daarom tree Trump ook nie op teen die kroonprings van Saoedi Arabië oor die moord op Kashogi nie – die geld is vir hom belangriker as die vrye pers. Daarom verban hy CNN verslaggewers wat moeilike vrae aan hom stel.

Twakkie ·

Hendrik, dit is baie duidelik dat jy net soos die twee sprekers in die podlitiek jou “inligting” enkel en alleen uit die politieke opposisie in die VSA kry, waarskynlik uit die media wat dié politieke opposisie steun. Daar is wel groot mediahuise wat meer gebalanseerde nuus en menings aanbied, maar hulle saai net in die VSA self uit. Mens moet hulle dus op die internet of Facebook volg. Een van hulle is tans verreweg die gewildste kanaal op TV in die VSA. Die linkse ideologie in die VSA en elders veg om oorlewing en het versink in negatiwiteit by gebrek aan ‘n werkbare beleid. Die media wat hulle steun, bied niks behalwe persoonlike aanvalle op pres. Trump nie. As ‘n mens die meer gebalanseerde media volg (lank nie nét pro-Trump nie, maar met kundige kommentators) klink kommentaar soos joune en ons podlitiek-sprekers s’n kinderlik naïef en beskamend oningelig. ‘n Mens sou dink dis voor die hand liggend dat ‘n buitelander nie oor die VSA se politiek kan oordeel deur net die opposisieparty se nuus en kommentaar te volg nie. In jou eie land kies jy “jou” party en volg net dit, maar internasionaal moet ‘n mens darem ingelig wees oor die regerende party, selfs as jy nie met hulle saamstem nie. Sommige SAners besef dit, ander duidelik nie. En ongelukkig sluit laasgenoemde heelwat mediamense in. Wat beter behoort te weet. Selfs kritiek moet van kundigheid getuig, nie volslae onkunde en bevooroordeeldheid nie.

Schalla ·

Hendrik. Waar het Trump die brandweermanne n afjak gegee, of volg jy net wat die simpel media kwyt raak. Ek haal sy twiet aan”Daar is geen rede vir massiewe, dodelike en duur veldbrande in Kalifornia nie behalwe dat bosbestuur so swak is.” Ek glo nie dat die brandweer in beheer is van bosbestuur nie.

Dries du Toit ·

Trump regeer n land waar werkloosheid die laagste in die wereld is. Wens ons het so n president en regering gehad

Lena Jonk ·

Stem 100%saam met, Twakkie,Schalla en Dries du Toit, mense kyk en lees net fake news dis daarom dat hulle nie weet wat aangaan nie. Julle het dit mooi en duidelik gestel dankie. Pres Trump is n yster, sterk en beste leier wat Amerika nog gehad het. Hou so aan.

Human ·

Foeitog dat hier so `n klomp desperate en eenoogige ondersteuners van Trump in SA is wat hoop dat hy hulle en die land gaan red uit die ellende. Dream on en as julle skrik moet net nie wakker skrik. Trump is `n bedorwe brokkie en wat soos `n kind sy speelgoed uit die kot gooi as hy nie sy sin kry, maar as hy julle hoop gee geniet hom want die gesegde is in die land van die blindes is eenoog koning

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.