Radiodrama: Briekaandraai 2 – ’n vervolgverhaal

Geskryf deur Leon van Nierop
Regisseur Bettie Kemp

Net toe almal gedink het die platteland het weer in trurat beland, skok die een krisis ná die ander Porseleinberg uit sy sluimerslaap.

Die bekende karakters van Porseleinberg is steeds daar: die selfvoldane Wolfgang Jordaan keer terug sonder dat die polisie iets teen hom kon bewys; Corlia, wat maande lank in ʼn koma was, word wakker; en die kompetisie tussen die gemeenskapsradiostasie Briekaandraai FM en die plaaslike koerant Windhond word feller. Die onverwagse raak nou die reël.

Waar alles dus vir ʼn tydperk bedrieglik rustig en bedaard was, val ou geraamtes nou uit die kas en dit bedreig die hele Porseleinberg se bestaan. Lees meer oor Briekaandraai 2 hier op Maroela Media.

Leon van Nierop is weer die skrywer met Bettie Kemp as regisseur en vervaardiger van die tweede reeks van Briekaandraai.

Die karakters

  • Otto Marais – vertolk deur Anton Dekker
  • Elfra van Staden – vertolk deur Bettie Kemp
  • Wessel Vorster – vertolk deur Luan Jacobs
  • Corlia Lemmer – vertolk deur Izel Bezuidenhout
  • Slaptjip Salamander – vertolk deur Antowan Nöthling
  • Tannie Dottie Duvenhage – vertolk deur Ria Smit
  • Melissa Taljaard – vertolk deur Helena Hettema*
  • Wolfgang Jordaan – vertolk deur Stephan Vermaak
  • Phoebe – vertolk deur Mari Molefe-Van Heerden
  • Lana Pretorius – vertolk deur Su-an Müller-Marais

*In drie episodes van die reeks sing Helena Hettema as haar karakter Melissa: Episode 19 – Toemaar die Donker Man (Lirieke deur Ingrid Jonker en musiek deur Laurika Rauch), episode 52 – Vir 40 jaar (Lirieke deur dr. Karel Prinsloo en musiek deur Helena Hettema) en episode 84 – Tolbos in die Wind (Oorspronklike lirieke en musiek deur David Cousins (Strawbs) met Afrikaanse lirieke deur Helena Hettema).

Tegniese versorging deur Marius Vermaak en opgeneem in Maroela Media se ateljee.

Kry ook Briekaandraai 1 hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Meinung ·

Ai, dis goeie nuus dat nog ‘n Briekaandraai beskikbaar is. Dankie aan almal! Groot waardering.

Leoni ·

Oe! Lekker! Julle het dit so stil-stil gedoen, ek sien dit nou eers.

Diets ·

Ag sit bietjie fotos van julle vertolkers by die karakter name asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.