Dorette tevrede met haar Afrikawenners

Die Protea-netbalspan wat in Windhoek amok gemaak het. Foto: Twitter.

Die Protea-netbalspan is vir die sesde keer as die wenner van die Afrikanetbalbeker aangewys nadat die span op die laaste dag van die toernooi met Namibië afgereken het.

Die eindtelling was 65–39 in die Proteas se guns en die Suid-Afrikaners was die enigste onoorwonne span in die kompetisie.

Bongi Msomi se span het uiteindelik 563 doele in die agt wedstryde aangeteken en slegs 246 doele afgestaan.

Dit was egter nie altyd eenrigtingverkeer nie en die Suid-Afrikaners het ook teen sterker netballande soos Malawi en Uganda te staan gekom.

“Die toernooi het my die perfekte geleentheid gebied om nuwe kombinasies uit te toets en meer spelers internasionale blootstelling te gee; ons kan nie bekostig om van net ’n paar kombinasies op die baan afhanklik te wees nie,” het Dorette Badenhorst (afrigter) gesê.

Die Proteas het vanaf 3 Desember ’n oefenkamp en verskeie senior spelers sal weer deel van die aksie wees.

Msomi is as die speler van die toernooi, asook die beste senterspeler aangewys. Phumza Maweni is die kompetisie se voorste verdediger.

Proteas: Phumza Maweni, Simone Rabie, Monique Reyneke, Jamie van Wyk, Khanyisa Chawane, Izette Griesel, Bongi Msomi (kaptein), Refiloe Nketsa, Jessica du Plessis, Lefébre Rademan, Elmeré van der Berg en Ine-Mari Venter.

Uitslae:

78–27 teen Zimbabwe

67–25 teen Kenia

79–22 teen Tanzanië

56–39 teen Malawi

85–24 teen Botswana

76–33 teen Zambië

57–37 teen Uganda

65–39 teen Namibië

Finale puntestand:

  1. Suid-Afrika 16 punte
  2. Uganda 13 punte
  3. Malawi 13 punte
  4. Namibië 8 punte
  5. Zimbabwe 8 punte
  6. Zambië 6 punte
  7. Kenia 4 punte
  8. Botswana 4 punte
  9. Tanzanië geen punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

piet ·

Welgedaan, Msomi. Nog ‘n fantastiese swart nasionale kaptein. Lei deur voorbeeld, beste speler in die span.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.