MotoGP: Brad eindig sewende in Duitsland

Brad Binder jaag in Duitsland. (Foto: Ronny Hartmann / AFP)

Daar is twee dinge in MotoGP waarop jy staat kan maak. Eerstens gaan Suid-Afrika se Brad Binder (Red Bull KTM) nie onder die voorste kwalifiseerders wees nie en tweedens gaan hy deur die deelnemers vleg om baie beter te eindig as sy wegspringplek.

Binder het sewende geëindig in die Duitse MotoGP op die Sachsenring en is nou vyfde op die punteleer.

Wêreldkampioen Fabio Quartararo (Yamaha) het sy voorsprong op die punteleer vergroot met ʼn oorwinning al het hy olik gevoel. Hy het in die hitte oorheers. Die Fransman Johann Zarco (Pramac Ducati) was tweede en die Australiër Jack Miller (Ducati Lenovo) in die derde plek.

Quartararo het reeds in die eerste draai die voortou geneem en nooit weer teruggekyk nie.

Dit is sy tweede agtereenvolgende oorwinning en die elfde van sy loopbaan. Sy voorsprong op die punteleer is nou 34 punte oor die Spanjaard Aleix Espargaro. Dit maak nie saak wat gebeur by die Nederlandse MotoGP volgende naweek nie want Quartararo sal steeds bo-aan die punteleer bly voor die somerblaaskans. Daarna hervat die renne in Augustus by Silverstone.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.