‘Nicklaus, Jordan en Djokovic’

Novak Djokovic is die tennismeester van Parys. (Foto: Emmanuel Dunand/AFP)

Novak Djokovic het die afgelope naweek tennisgeskiedenis gemaak toe hy ʼn moedige Casper Ruud in die einstryd van die Franse Ope op Roland-Garros geklop het.

Sy Parys-sukses beteken dat hy nou 23 Grand Slam-titels agter sy naam het – die meeste nóg onder manspelers.

Nodeloos om te sê het die huldeblyke ingestroom en Gary Player tel onder die bekendes wat Djokovic met sy sukses geluk gewens het.

“Dit is ongetwyfeld ʼn merkwaardige prestasie en hy tel nou onder die grootste name van alle tye – in enige sport. Net soos [Jack] Nicklaus en [Michael] Jordan,” het die Suid-Afrikaanse gholflegende gesê.

Congratulations to Novak on his 23rd Grand Slam title! No doubt an incredible achievement that puts his name amongst the…

Posted by Gary Player on Monday, June 12, 2023

 

Benewens sy rits Grand Slam-titels het Djokovic ook al 38 keer in die eindstryd van ATP 1 000-toernooie koning gekraai, terwyl hy al vir 387 weke boaan die internasionale ranglys was.

Hy het juis vandeesweek weer vir Carlos Alcaraz op die ATP-ranglys onttroon.

Rafael Nadal meen Djokovic maak van tennisdrome ʼn werklikheid.

“ ʼn Paar jaar gelede was dit so te sê onmoontlik om aan 23 [titels] te dink, maar jy het dit gedoen! Geniet dit saam met jou gesin en span!” het die Spanjaard getwiet.

ATP-ranglys:

  1. Novak Djokovic: 7 595 punte
  2. Carlos Alcaraz: 7 175 punte
  3. Daniil Medvedev: 6 100 punte
  4. Casper Ruud: 4 960 punte
  5. Stefanos Tsitsipas: 4 920 punte
  6. Holger Rune 4 375 punte
  7. Andrey Rublev: 4 000 punte
  8. Taylor Fritz: 3 515 punte
  9. Jannik Sinner: 3 300 punte
  10. Karen Khachanov: 3 125 punte

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Treurwilger ·

Novak kan weet dat hy miljoene ondersteuners het wat hóm ondersteun sonder die geneigdheid om in die proses die ander twee grotes, Nadal en Federer, se uitmuntende prestasies aan te val.
Dié neiging is deesdae opmerklik, en die (mis)gedrag van die Franse en anders tennisskares tekenend daarvan.

Michael ·

Hy Nadal en Federer beslis die beste mansspelers in die geskiedenis van tennis. Dit maak sy prestasie nog meer merkwaardig want die meeste van sy titels het hy teen eersgenoemde twee meesters gewen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.