Proteas op pad na Afrika-netballouere

Die Proteas is tans onoorwonne in die Afrika-netbalbeker. Foto: Facebook.

Hulle het ’n splinternuwe afrigter in Dorette Badenhorst en is sonder die dienste van Karla Pretorius en Erin Burger (wat welverdiende blaaskanse voor die England-reeks geniet), maar die Protea-netbalspan is beslis steeds ’n krag waarmee daar rekening gehou moet word.

Die span is tans onoorwonne ná vier wedstryde in die Afrika-netbalbeker in Kaapstad en ook op koers om met die louere weg te stap.

Die Suid-Afrikaners het met Lesotho (116–10), Zimbabwe (69–39), Malawi (56–51) en Uganda (50–47) afgereken.

Hulle speel later vandag teen Kenia en môre teen Zambië.

  • Hoe die stand van sake lyk vir die Afrika-beker:
  1. Suid-Afrika
  2. Uganda
  3. Malawi
  4. Zimbabwe
  5. Zambië
  6. Kenia
  7. Lesotho
  • Kaapstad bied in 2023 ook die Wêreldbeker-netbaltoernooi aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.