Verstappen mik na nóg ʼn rekord  

Max Verstappen (Foto: Andrej Isakovic/AFP)

Die verdedigende tweemalige wêreldkampioen Max Verstappen sal dié naweek poog om die suksesvolste jaer in die Oostenrykse Grand Prix-geskiedenis te word.

Die 25-jarige Nederlander deel die rekord van drie Oostenrykse oorwinnings met die viermalige kampioen Alain Prost.

Nog ʼn oorwinning op die Red Bull Ring-baan sal hom na vier oorwinnings neem en sy sewende oorwinning in nege wedrenne vanjaar wees.

“Ek is opgewonde daaroor om nog ʼn trofee by die versameling vir die span te probeer voeg,”  het Verstappen gesê.

Verstappen het vroeër vandeesmaand met sy oorwinning in die Kanadese Grand Prix in Montreal toegesien dat Red Bull sy 100ste F1-oorwinning behaal en spog nou met net soveel loopbaanseges (41) as die legendariese Ayrton Senna.

Jaerspunteleer:

  1. Max Verstappen: 195 punte
  2. Sergio Perez: 126 punte
  3. Fernando Alonso: 117 punte
  4. Lewis Hamilton: 102 punte
  5. Carlos Sainz: 68 punte
  6. George Russell: 65 punte
  7. Charles Leclerc: 54 punte
  8. Lance Stroll: 37 punte
  9. Esteban Ocon: 29 punte
  10. Pierre Gasly: 15 punte

Vervaardigerspunteleer:

  1. Red Bull: 321 punte
  2. Mercedes: 167 punte
  3. Aston Martin: 154 punte
  4. Ferrari: 122 punte
  5. Alpine: 44 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.