Wedrenbeamptes ook in Hamilton se visier

Lewis Hamilton. Foto: Twitter.

Michael Masi het reeds die trekpas as wedrendirekteur gekry, nou brom Lewis Hamilton dat sommige wedrenbeamptes ʼn bietjie té partydig na sy smaak is.

Vier beamptes is op ’n rondomtaliebasis in beheer van elke wedren; dit is ’n vereiste dat ten minste een beampte ’n oudrenjaer moet wees.

“Ons moet verseker dat die wedrenbeamptes nie bevooroordelend optree nie. Van die oudrenjaers is immers baie goeie vriende met sekere individue; hulle reis saam en hulle vind meer aanklank by hulle,” het Hamilton gesê.

Die 37-jarige Brit is tans in Barcelona besig met F1-voorbereidingswerk. Die nuwe seisoen begin amptelik op 20 Maart in Bahrein.

“Ek dink ons het mense sonder enige teken van partydigheid nodig. Hulle moet terselfdertyd ook regverdige besluite kan maak.”

Tog stem Toto Wolff (Mercedes-spanbaas) nie met Hamilton saam nie.

“Die sport het ongetwyfeld professionele beamptes nodig, maar ek dink nie daar is noodwendig partydigheid by hulle te bespeur nie,” het Wolff gesê.

Hy het egter bygevoeg dat bestendigheid die wagwoord behoort te wees en dat reëls nie links en regs aangepas moet word nie.

Red Bull se Christian Horner het vir eens met Wolff saamgestem; hy weet ook nie van enige beampte-partydigheid nie.

“Ek is ook nie bewus daarvan dat enige van die beamptes saam met  renjaers na wedrenne reis nie,” het Horner gesê.

Die 44-jarige Masi is verlede week uit sy stoel as wedrendirekteur verwyder nadat veral Mercedes ongelukkig was met die besluite wat hy verlede jaar in Abu Dhabi geneem het.

“Michael Masi, wat hom die afgelope drie jaar goed van sy taak as F1 se wedrendirekteur gekwyt het, sal ’n nuwe pos aangebied word,” het Mohammed Ben Sulaymen (FIA-president) in ’n verklaring gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lollapop ·

Ai hier gaan ons alweer, kan Hamilton nie nou asb ophou kla, dit maak van F1 ‘n bespotting dat hy oor alles kla soos stout seun en hul spring om hom gelukkig te hou.

Brakkies ·

Ai sy laat my lekker lag. Kan iemand asb haar nat pantie droogmaak…. lmklaaa

Benn ·

Lewis se kommentaar is redelik. Onregverdigheid moet waai uit F1 uit.

Brakkies ·

Ek stem saam… want in di verlede was dit juis mercedes wat di meeste voordeel daar uit gekry het

Andre ·

Van wanneer af besit die “spoilt bratt”F1 hy is pateties al sy kampioenskappe gewen in die beste voertuie nooit hard gewerk met die technikuste soos Schumi nie

Patch ·

Ag tog! Wat is volgende? Die man sal enige iets probeer om tog net weer die kampioen te kan wees. Tree af man! Jy is ‘n slegte verloorder.

krodedil ·

Gewoonlik as ‘n sportman begin inmeng oor hoe en wat in die game moet gebeur is dit die eerste tekens van die einde van sy loopbaan. ‘n Goeie sportman speel die game en laat die organisasie oor aan die ander rolspelers. Ek hoor ‘n harde klokkie lui wat die einde van Hamilton beteken.

Anton ·

BLM – Black Lives Matter.
HODM – Hamilton Opinion Doesn’t Matter :-)

Gert ·

As jy jou BLF mentaliteit op ander probeer afdwing en jou soos n ass gedra moet jy verseker nie wonder hoekom daar bevooroordelend teenoor jou opgetree word nie.

Marius ·

Hy bedoel die beamptes is nie partydig genoeg in sy guns….

SlinkseKoljander ·

Kan hy nie maar net weg gaan nie??? Wat n mamma se seuntjie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.