Bouch se Indians jaag wéér 200 lopies

Mumbai Indians se Suryakumar Yadav. (Foto: Twitter/IPL)

Mark Boucher se Mumbai Indians het nóg ʼn teiken van 200 lopies suksesvol bereik toe hulle die Royal Challengers Bangalore (RCB) met ses paaltjies getroef het.

Suryakumar Yadav, wie se houespel deur baie Indiese ondersteuners as gelykstaande (of selfs beter) as dié van AB de Villiers beskou word, het 85 lopies vanaf slegs 35 aflewerings in die lopiejaagtog gemoker.

Hy het ses keer die bal oor die grenstou gestuur en hy het ʼn uitstekende vennootskap van 140 lopies met Nehal Wadhera geniet.

Dit is Mumbai se derde agtereenvolgende suksesvolle lopiejaagtog van 200 of meer lopies.

Vroeër het Faf du Plessis nóg ʼn vyftigtal gemoker. Sy beurt van 65 lopies was egter pure verniet ná Yadav se aanslag.

Die voormalige Protea-kaptein het egter steeds 99 lopies meer as enige ander kolwer in die toernooi geslaan.

  • Opsomming van telkaart:

Royal Challengers Bangalore 199/6 in 20 boulbeurte: Glenn Maxwell 68, Faf du Plessis 65 en Jason Behrendorff 3/36.

Mumbai Indians 200/4 in 16,3 boulbeurte: Suryakumar Yadav 85, Nehal Wadhera 52* en Vijaykumar Vyshak 2/37.

  • Voorste Indiese Premierliga-lopiemakers:
  1. Faf du Plessis (Royal Challengers Bangalore): 576 lopies teen ʼn gemiddeld van 57,60 en ʼn treftempo van 157,80.
  2. Yashasvi Jaiswal (Rajasthan Royals): 477 lopies teen ʼn gemiddeld van 43,36 en ʼn treftempo van 160.
  3. Shubman Gill (Gujurat Titans): 469 lopies teen ʼn gemiddeld van 46,90 en ʼn treftempo van 143,42.
  4. Devon Conway (Chennai Super Kings): 458 lopies teen ʼn gemiddeld van 57,25 en ʼn treftempo van 139,20.
  5. Virat Kohli (Royal Challengers Bangalore): 420 lopies teen ʼn gemiddeld van 42 en ʼn treftempo van 133,75.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

Hy’t n goeie span oorgevat. Hy is afrigter is nie veel nie, en ek was n bitter groot Boucher fan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.