Dis neusie verby vir Proteas

Die Proteas kan nie meer vir die halfeindstryde kwalifiseer nie. Foto: Cricinfo.

In een van die Monty Python-komedies veg koning Arthur teen ’n dapper ridder in ’n woud. Arthur kry stelselmatig die oorhand en kap (grappenderwys natuurlik) die ridder se ledemate die een na die ander af.

Maar die beserings skeel die ridder min en hy veg vrolik voort, totdat hy naderhand sonder arms en bene wou aanhou baklei.

Bogenoemde verhaaltjie kan in ’n neutedop opgesom word: Soms moet jy – al is jy hóé optimisties – maar die aftog blaas en besef jy is net nie goed genoeg nie.

Die Proteas, wat nes die ridder in die Wêreldbeker-kriekettoernooi met optimistiese perskonferensies wou voortbaklei, se halfeindstryd-drome is gister op Lord’s die finale nekslag toegedien toe Pakistan hulle met 49 lopies geklop het.

Dit is nou amptelik onmoontlik vir die span om vir die halfeindstryd te kwalifiseer.

Snaaks genoeg het Faf du Plessis se span vroeër vanjaar die einste Pakistan-span oortuigend in ’n eendagreeks hier in Suid-Afrika oordonder. Wêreldbeker-wedstryde is egter ’n perd van ’n ander kleur vir die Proteas.

Die Suid-Afrikaanse boulaanval het 308 lopies afgestaan en net die 40-jarige Imran Tahir (2/41) het werklik ’n verskil gemaak.

Die bybreekbouler het in die proses ook Suid-Afrika se voorste Wêreldbeker-paaltjievraat geword, toe hy Allan Donald se rekord verbygesteek het.

Daarna kon die Suid-Afrikaanse kolwers nie veel doen nie en net Du Plessis (60) en Quinton de Kock (47) het weerstand gebied. Een van hulle moes egter ’n honderdtal geslaan het om die wedstryd vir die Proteas te beklink.

David Miller – wat met ’n liesbesering gekolf het – en Rassie van der Dussen het hul paaltjies verloor toe hulle die lopies teen ’n vinnige tempo moes jaag en die Proteas sou waarskynlik verder verloor het as dit nie vir Andile Phehlukwayo (46*) se beurt was nie.

“Die Wêreldbeker is beslis die laagtepunt in my loopbaan,” het ’n gefrustreerde Du Plessis in die perskonferensie ná afloop van die kragmeting gesê.

“Dit voel asof ons dieselfde foute oor en oor maak en ek moet dieselfde woorde gereeld tydens mediakonferensies gebruik.”

Die Protea-kaptein het gesê dat die boulers, buiten Tahir, nie goed genoeg geboul het nie en dat die kolwers weer eens nie opgewasse was vir die taak nie.

“Ons het seker so 30 lopies te veel afgestaan en van die kolwers het goed begin, net om hul paaltjies op onnodige tye te verloor.”

Hy het bygevoeg dat die span tans met min selfvertroue speel en dat dit tot onnodige foute op die veld lei. “Ek is ’n trotse speler en kaptein en ons vertonings begin nou al ’n verleentheid te word. Ons probeer ons beste, maar dit is net nie goed genoeg nie.”

Die Proteas moet nog teen Sri Lanka en Australië speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Ben ·

Die Proteas se bestuur sit hulle beste spelers in die wedstryde die jaar voor die Wêreld Beker. Dan wen hulle al die Spanne. Is Nommer een in die Wêreld. Die ander spanne speel met hulle tweede beste spanne. Teen die tyd dat die Wêreld beker gespeel word is al ons spelers uitgebrand of beseer. ” The name of the game is poker” , Ons kies ook spelers wat nie in vorm is nie – Die kotas stelsel KILL ons sport want daar is nie diepte in ons land nie.

Koos ·

Kaptein kortmoutjies jul kan nou maar ontspan. O skuus julle het mos die wereldbeker reeds ontspanne ingegaan en om dit te geniet.

kolla ·

Kolfwerk is al vir maande pateties met net Du Plessis en De Kock wat voor die toernooi op vorm was. Die boulers het ons in die reekse hier op eie bodem gered maar die kolfblaaie in Engeland verleen geen hulp aan die boulers nie. So die logiese gevolg is dat ons nie genoeg lopies aanteken om daar te kan wen nie.

Snuffels ·

Dankie tog die is die laaste wereldbeker wat dinge so gaan… Ons sal nie vir nog een kwalifiseer nie

m.d.r. ·

Iets is nie pluis in hierdie span nie. Rabada, wat naas die beseerde Dale Steyn on voorste snelbouler is , het vanaf die eerste wedstryd nie eers gevaarlik gelyk nie Dieselfde geld vir die ander boulers, behalwe Tahir.
Hoekom het Dwayne Pretorius nie kans gekry nie ?
Dit lyk of die boulers veral nie kon besef dat mens in Engeland nie op dieselfde lengtes kon boul as in SA nie. Die blaaie daar gee net nie dieselfde wip as in SA nie.
Miskien moet mens meer lees in Duane Olivier se besluit om liewer graafskap krieket as om vir SA te speel…….

Chrisjan ·

Die Suid-Afrikaanse snelboulers is bederf deur die lekker vinnige boulersblaaie wat in SA vir hulle voorberei word, en nou dat hulle weg speel is hulle nie meer ‘n faktor nie…

JohanL ·

Wel dit is regtig ‘n pyniging om na hulle te kyk – ek self kon net nie klaar kyk nie.

Ten minste is Faf eerlik (speel met min selfvertroue en vertonings is ‘n verleentheid).

In nabetragting (wat ‘n wonderlike ding is dit nie !) is die span verkeerd bestuur en het veroorsaak dat omtrent alle spelers nie volgens potensiaal speel nie.

Met die poel in SA waaruit ander opsies gekies kan word wat maar baie swak lyk, dink ek daar wag bitter swaar tye vorentoe vir die Proteas.

Estelle ·

Ons afrigter is ‘n bouler, maar blykbaar het hy ook al vergeet hoe om te boul. Dis so maklik, boul op die penne dan sal ons paaltjies kry . Kort balle werk net eenvoudig nie.

Peter ·

Goeie spelers sit n reguit bal op die penne makliker weg. Ons houding is pathetic, met n kaptein wat nie eens homself kan lei nie. Stuur gereeld ander spelers om sy press werk te doen.

Frans C ·

Kyk na die spankeuse.Die nommer 1 bouler Steyn is beseer,maar gaan saam.Amla is totaal uit vorm,maar gaan saam.Dit is mos nou ‘n resep vir mislukking.de Kock kan nie altyd honderd talle aanteken nie.Daar moet tog ‘n aaanvangskolwer wees wat kan lopies aanteken en die druk op de Kock verminder.

Dink span moet huistoe kom en die punte gee aan spanne teen wie hul nog moet speel.Die gespartel is pynlik om te aanskou.

Scruffy ·

Ek is baie teleurgestel in die krieket hoekom weet ek nie Want ons het dit gesien toe die span asn gekomdig is .Wat sport is die volgende aan die beurt wat ons Suid Afrikaaners soos laer skool seun gaan laat lyk Rugby ?

J ·

en Markram, hoeveel kanse moet hulle vir hom gee? Hy bewys oor en oor en oor dat hy nie internationaal kan jol nie.

sandra ·

die span moet hulle eerdag saggies uit voete maak as om nog verder verneder en neuse in die grond gevryf te word, vlug liewe suutjies uit jul hotel, moenie eers worry om die baadjies en nasionale drag te dra nie, klim op die eerste beste vlug en moet ons ook nie laat weet wanneer julle land nie. Ek is ‘n stoere ondersteuner, maar hierdie was nie ondersteuning werd nie, daar was geen drang om te wen nie, van die eerste wedstryd al nie. Kan dit wees dat die manne suf en moeg is? Mag wees, maar aan die ander kant, dis hul werk en word hul goed beloon, so dit gaan ook nie werk nie. Maar net my opinie

ChrisE ·

O bloed. Ek dog hulle kom al terug met die vliegmasjien. Nog twee wedstryde deur wroeg, nie sommer nie. Maar “Murphy’s Law” werk mos maar snaaks. Sal nie verbaas wees dat die druk van hulle af is, gaan hulle die Oostraliërs en Sri Lankane ore aansit. Sal in my Duitse bruisdrankie giggel.

will ·

Dit lyk vir my, siende die spelers se geel trui, ‘n aussie BEE D-span het gespeel onder die Protea kenteken.

Duppie ·

Ha ha ha ha ha, ai hoe lekker lag ek tog nie nou nie. Ek dink ek stem met Frans saam, kom maar eerder huistoe en spaar julle self die skandes, nie dat dit ooit sal gebeur nie. Die spelers en die span bestuur is mos eindelik net daar om te oorsee te toer en die vrugte van so toer te geniet. Die spel is mos ‘n bysaak

Embarrased ·

Moes die kaptein van die span nie al lankal embarrased gewees het nie?
Hy is ‘n bietjie laat met sy embarrasment?

Riaan ·

Ek sal nie verbaas wees as daar knoeiery betrokke was in the SA kamp nie, dit lyk asof the games gegooi was, iemand maak lekker geld iewers.

Valerie ·

Ek glo nie die onbeholpe klomp is in staat om te crook nie.

Jaco ·

@Riaan, ek hoop daar was match fixing betrokke, want sjoe ons kan nie so pateties wees nie.

Snuffels ·

Riaan, niemand gaan n blinde mens betaal om nie te sien nie

Choke ·

Net ou Dasiie van der Russen beteken iets. Die res is n klomp flou poepe.

Spike ·

Hoekom bly hulle kort boul met die verkeerde lyne. Faf wat orals met sy hande in sy broeksakke staan is geen voorbeeld nie.

Koos ·

Al voor en met 1ste wedstryd gese kaptein kortmoutjies gaan druipstert terugkeer. Jere weet hul is so belaglik en nie kwotas is eers die rede.

jonts ·

Maroela media… puik woorde opgesom in n neute dop. my opinie.. Die span is nie volwasse genoeg om profesioneel op te daag nie. As jy kyk Tahir speel sy hart uit al vat hy n paaltjie op die telling van 300…juig hy asof hy die wereld beker gewen het. wat se dit vir jou.. die man se hart is vir sy land… geen houding nie. Wat maak die ander… hulle is in hulsef vas gekruip en het nie n clue wat om hul angaan nie. punt ons is nie goed genoeg om teen die bestes van die wereld te speel nie. geen game plan geen trots.

George in Bloem ·

Now without doubt the undisputed Kings of the Chokers. Congratulations.

Ai ·

Jy weet ek hinker na nostalgie van daai dae met AB en Kallis en vinnige fanies,Herchelle,Cullinun,Donald,Hudson, en Jontys ens was daar darem trots en kwaliteit, daai manne kon speel! Selfs met Cronje wat n game gooi was hulle nogsteeds deksels moeilik om te wen toe.. Niks meer omkopery nie want die wedstrydknoeiers weet die lot tans is so useless dat dit uiters voorspelbaar is wie gaan wen en wie gaan verloor!!!
Hulle kan nie boul nie,hulle kan nie kolf nie hulle kan nie eens n bal vang nie genade verstaan die lot ooit hoe krieket gespeel word??.Die manne van ouds kon wel nie n WB wen nie maar tot semi’s,kwarteindrondes deurdring, en nou ? Nou moet jy verheeg wees as hulle die verlepte proteas span Afghanistan een van die swaktes wen!! Daar is nie n gat groot genoeg om jou kop in te druk nie met die mannewales van die huidige lot spelers nie…n opregte sirkus! Min in geskiedenis was hulle die Proteas so goed ore aangesit soos nou! Wat n skande, wat n verleentheid! Maar nou ja dit is wat gebeur as n klomp kroks,en has beens en kwotas werelbeker toe stuur die nuwe Suid Afrika…Hul word geboelie en uitgeboender en verniel soos n amateuragtige laerskool spannetjie tussen die groot manne….Welverdiend word hul terug gestuur Suid Afrika toe stert tussen bene..Moet nie n warm ontvangs terug verwag nie proteas….julle suig en verdien nie n dooie sent wat jul in die WB ontvang het nie!

kolla ·

Die kommerwekkendste is dat dit die beste beskikbare spelers is. Ek dink hierdie afrigter is te “laid back”, was ook swak toe hy Engeland afgerig het. Het ernstige afrigters soos Gary Kirsten nodig om die skip om te keer..

Kiewiet ·

Hulle moet pasop hulle gaan nog hul vlieg kaartjies ook verloor. Dan kan hulle nie terugkom nie.

Joes ·

Faf en kie wat nou die 20/20 en IPL blameer vir “te veel” krieket (wat glad nie waar is nie, kyk hoe speel Engeland,Aus,Ind). Dalk moet CSA dan spelers verbied om IPL te speel in n wereldbeker jaar. Voor die IPL het Faf gese dis goeie oefening, nou verloor ons, nou is dit sleg. Swak karakter en nog n swakker “kaptein”

Christo ·

Die klomp moes maar eerder by die huis gebly het en net die punte oorgestuur het…..

George in Bloem. ·

Yep,ek stem.By die neusie verby en dit ruik glad nie goed nie.

jonathan ·

Hoekom word die artikel geskryf, dis mos nie nuus nie regtig en julle almal lê n eier shame so of julle iets beters verwag het :-)

Gert van Wierdapark ·

Ten minste geniet die spelers en bestuur die betaalde vakansie in Brit-tanje! Hulle het genoeg geld gemaak in 2019, en kan die laaste 10 dae lekker gaan inkopies/inlopies doen = sonder om te “stress vir Sri Lanka en Australie. ‘n Ontspanne Protea is mos n gevaarlike Pro-tea!!??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.