Moroe in die pad gesteek

Thabang Moroe. Foto: African News Agency.

Thabang Moroe is uiteindelik deur Krieket Suid-Afrika (KSA) in die pad gesteek. Die beleërde voormalige uitvoerende hoof van die nasionale krieketbeheerliggaam is verlede Desember geskors.

Die skorsing was onmiddellik van krag, maar hy het steeds sy salaris van vermoedelik R350 000 per maand ontvang terwyl bewerings van wangedrag teen hom ondersoek word.

In ’n verklaring het KSA destyds borge, spelers en ondersteuners  gevra om geduldig te wees terwyl die forensiese ondersoek afgehandel word.

Ná nege maande – waar Moroe onder meer toegang tot die krieketbeheerliggaam se kantoor in Johannesburg geweier is – is die saak uiteindelik iets van die verlede.

KSA het ’n kort rukkie gelede in ’n verklaring bevestig dat Moroe se ontslag onmiddellik van krag is.

“Die onafhanklike forensiese ondersoek het bevind dat mnr. Thabang Moroe skuldig is aan ernstige wangedrag.”

Volgens die verklaring het Moroe versuim om sy kant van die saak aan die ondersoekspan voor te lê.

Kugandrie Govender sal tot en met KSA se algemene jaarvergadering op 5 September as die tydelike uitvoerende hoof waarneem.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Andre ·

Hoe kan enige mens wat nie ‘n god is nie R350 000 ‘n maand verdien ? Wat kan jy moontlik doen wat so goddelik en uitnemend is en meesterlik dat dit R350 000 se salaris werd is.Was die man ‘n meester op enige gebied ?? Verduidelik vir my ????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.