Proteas binne 30 boulbeurte uitgeboender

Kemar Roach het vir Protea-hoofbrekens in die tweede beurt gesorg. Foto: Phill Magakoe/AFP.

Die Protea-kolwers kon toe nie een of twee vennootskappe aanmekaarslaan nie en hulle is vir slegs 116 lopies binne 30 boulbeurte uitgeboender.

Met twee dae se spel oor het die Wes-Indiese Eilande  247 lopies nodig om die eerste toets op SuperSportpark te wen.

Die Suid-Afrikaners het vanoggend hul beurt op 49/4 hervat met Aiden Markram en Heinrich Klaasen voor die paaltjies, maar Jason Holder het in die tweede boulbeurt van die dag se spel van Klaasen ontslae geraak.

Daarna het Kemar Roach korte mette met die tuisspan se stertkantkolwers gemaak om met ʼn  boulontleding van 5/47 te spog.

As dit nie vir Gerald Coetzee se paar grenshoue was nie, sou die Suid-Afrikaners waarskynlik minder as 100 lopies op die telbord gehad het.

Oudergewoonte sal die boulers weer eens hul bes moet doen om sake vir die Proteas te beredder; iets wat beslis binne hul vermoë is. Maar hierdie storie raak al afgesaag.

  • Opsomming van telkaart:

Suid-Afrika 342/10 in 86,3 boulbeurte: Aiden Markram 115, Dean Elgar 71 en Alzarri Joseph 5/81.

Wes-Indiese Eilande 212/10 in 69 boulbeurte: Raymon Reifer 62, Jermaine Blackwood 37 en Anrich Nortjé 5/36.

Suid-Afrika 116/10 in 28 boulbeurte: Aiden Markram 47 en Kemar Roach 5/47.

Wes-Indiese Eilande 0/1 in 0,3 boulbeurte: Kagiso Rabada 1/0.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Steyn ·

Wat was die kaptein se bydraes gewees in die twee kolf beurte?

Kirst ·

Kyk maar na die ligpuntjie. Markram het hopelik uiteindelik sy toets voete gevind met die kolf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.