Proteas kolf eerste in Birmingham

Quinton de Kock word deur Trent Bolt skoongeboul. Foto: Cricinfo.

Daar was aanvanklik nie veel swaai by vanjaar se Krieketwêreldbeker in Engeland nie, maar vandag op Edgbaston het die Nieu-Seelandse snelboulers die bal lekker teen die Proteas geswaai.

’n Nat buiteveld het gesorg dat die wedstryd tot 49 boulbeurte per span verkort is en Kane Williamson het die Proteas ingestuur om te kolf toe hy die loot gewen het.

Quinton de Kock – Suid-Afrika se voorste kolwer by die internasionale skouspel – is in die tweede boulbeurt van die dag deur Trent Bolt skoongeboul. Die bal het net genoeg ingeswaai om De Kock (5) se kolf te mis.

Hashim Amla en Faf du Plessis het daarna goed teruggeveg met ’n vennootskap van 50 lopies om die tweede paaltjie. Hulle het veral vir Bolt goed gespeel en vier goeie grenshoue op die voorvoet van hom geslaan.

Maar daar is geen plaasvervanger vir spoed nie en die blitsige Lockie Ferguson het vir Du Plessis met ’n skitterende streepbal skoongeboul.

Ferguson het vir Du Plessis eers met ’n kortbal saggemaak en hom toe met die streepbal platgetrek. Beide aflewerings is teen 149 km/h afgestuur.

Daarna het Collin de Grandhomme, wat in Zimbabwe gebore is, die druk volgehou en sy medium-vinnige aflewerings het vir Amla en Markram op hul tone gehou.

Dit was egter die draaiballe van Mitchell Satner wat van Amla (55) ontslae geraak het, toe hy hom óók skoongeboul het. Die bal het in lyn met Amla se bypen geland en het net genoeg gedraai om sy wegpen te tref.

Die Proteas moet hierdie wedstryd wen indien hulle ’n realistiese kans wil staan om vir die uitkloprondes te kwalifiseer.

Kolfwerk is egter moeilik op die blad en hulle kolf tans teen ’n rapsie as vier lopies per boulbeurt. Amla het die tweede vinnigste speler – naas Indië se Virat Kohli – geword om 8 000 in eendagkrieket aan te teken. Dit het die 36-jarige Protea 176 kolfbeurte geneem om dié mylpaal te behaal.

Ten tyde van publikasie was die telling 127/3  ná 31 boulbeurte. Makram (33) en Rassie van der Dussen (7) is die kolwers in die middel.

Proteas: Quinton de Kock, Hashim Amla, Faf du Plessis, Aiden Markram, Rassie van der Dussen, David Miller, Andile Phehlukwayo, Chris Morris, Kagiso Rabada, Imran Tahir, Lungi Ngidi.

Nieu-Seeland: Martin Guptill, Collin Munro, Ross Taylor, John Latham, Jimmy Neesham, Collin de Grandhomme, Mitchell Satner, Matt Henry, Lockie Ferguson, Trent Bolt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Al ·

Ek is bly Amla het die mylpaal behaal – kan hy asseblief nou huis toe kom. Terwyl hy voor die penne was het ons gekolf teen 3.8 en twee boulbeurte na hy uit is, was ons nog heeltyd oor die 4 per boulbeurt. As Quinton vroeg uit is sukkel ons met lopietempo en Amla is nie die oplossing. Verlang alweer baie na Reeza – hy moes daar wees!!!

Ai ·

Stem dit is die eindproduk van politieke inmenging en kwotas ..Krieket Suid Afrika se spens is so leeg en verswak oor hul oorsee toe hardloop oor kwotas en n swak rand! FAF is n grap en n skande vir n kaptein!Afrigting uiters pateties! Spelers lyk traag en dom op die veld..lekker manne manne lekker!!!CHOKERS!!!!

HugoD ·

Hier in die VSA betaal ek toe om die werelbeker te kyk, wat n BEEnvoudige patetiese span! Die man wat die laaste over boul was die hele game pateties, wraggies kry hy die bal en daar loop n 6! Die BEE spelers kanie boul, vang of kolf nie, mors van my geld en tyd .

KL ·

So is Miller ook BEE? Sitters wat hy drop, en dan duik hy net rond. 2. FAF maak die besluit van wie bowl wanneer, so as jy iemand wil blameer, kyk na die “kaptein” pateties.

Scruffy ·

Die vroue sokkerspan het geval Krieket het geval kom ons kyk wat gaan die rugby doen maar ek dink die skrif is aan die muur

Gunston ·

Daar word mos altyd na apartheid verwys as n verskoning, Hierdie keer is dit defnitief die rampokker anc regering, wat altyd sy plat neus in sport druk. As politiek uit sport gehou word, sal ons dalk beter vaar. Kom ons kyk wat gaan in die rugby gebeur.?

Petrus ·

Siestog, en daar joke SA weer teen NZ. Faf is beslis die swakste kaptein wat SA ooit vir ‘n wereldbker gehad het. Dan praat ek nie eens van die afrigter wat nie eens weet hoe om krieket te spel nie. “Waarom jou swakste bouler instuur vir die laaste boulbeurt?” Faf het ook maande terug gese SA kan sonder Abie de Viiliers die beker wen. Wonder wat dink en vertel hy nou? Arrogansie was nooit ‘n wenner nie! Jy word betaal om te werk en nie met jou bek wedstryde te wil wen nie!

Karl ·

Wel dis nie choke nie, om te choke moes hul erens wen. Dié is die swakste Protea span wat nog ooit was, die patetieste “kaptein” ook.

Chrisjan ·

As Phehlukwayo ons beste no. 7 kolwer en sogenaamde “allrounder” is, het ons probleme. Sy laaste boulbeurt was ‘n joke. 73 lopies afgestaan in 8.3 beurte! Kyk net hoeveel NZ se no. 7 kolwer vir sy span beteken het, 60 lopies met die kolf en een paaltjie en net 33 lopies afgestaan met die bal. Dit klink meer na ‘n ware all-rounder. Dit is maar een plek waar die verskil is en hoekom die Proteas so sukkel.

JK ·

Moenie vergeet oor hoe Faf en Phelokwayo tekere gegaan het toe hy die “paaltjie vat” nie. (wat hit wicket was) Faf en kie het net so tekere gegaan teen Afghan. Dan praat ek nie eers oor Rabada se houding teenoor kolwers nie. Ek kry vrek lekker dat die span so pateties is. Ons kon die al sien kom toe ons teen SL tuis in toetse verloor het.

Michael P ·

Jissie ons het dan Afganistan gewen. Tahir het gelyk soos n ou wat sy span na n eindstreid oorwinning lei in die Afganistan game. Shame hulle het darem probeer . S A krieket het verloor maar Politiek het gewen.Daaraan moet ons gewoond raak.

Michael P ·

Gister het almal gevra Kan ons N Z wen. Die wat gese het nee Ken hulle krieket baie goeg.

Jean ·

Nou waar is Valerie? VALERIE? HELLLOOOOO Valerie…Kan jy my hoor??? Nou wat nou Valerie wat het gebeur met jou boys??? Geen Kallis geen AB geen Pollock…Miskien waar dat daai top talent wat Suid Afrika gehad het en hul het nie n wereldbeker gewen met al hul talent nie maar nog nooit is hul die verlepte proteas so hard opgevoeter in n Wereldbeker nie…En jy se wat Valerie???? Waar le jou mannetjies tans op die log ?Neem in ag Suid Afrika is so te se heeltemal uit die WB ..Geniet hom Valerie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.