Rabada derde op bouler-ranglys

Kagiso Rabada het vyf paaltjies in Engeland se eerste beurt op Lord’s laat kantel. Foto: Adrian Dennis/AFP.

Ranglysgewys is Kagiso Rabada Suid-Afrika se voorste toetskrieketspeler. Ná sy goeie vertoning in die eerste toets teen Engeland op Lord’s het die snelbouler ’n ranglyssprong of twee gemaak en hy is tans die derde beste bouler ter wêreld.

Anrich Nortjé – wat die Engelse kolwers gereeld met sy kartetse van 150 km/h laat bontstaan – het 14 plekke op die Internasionale Krieketraad se boulranglys geklim en hy beklee tans die 25ste plek.

Daar is egter nie een Suid-Afrikaner onder die toptienkolwers nie.

Dean Elgar (13de) vaar die beste met die wilgerlat, gevolg deur Temba Bavuma (29ste) en Keegan Petersen (44ste).

Die Proteas het veral met die kolf in die tweede toets op Old Trafford gesukkel en hulle is in al twee beurte vir minder as 180 lopies uitgehaal.

Topboulers:

  1. Pat Cummins 891 punte
  2. Ravichandran Ashwin 842 punte
  3. Kagiso Rabada 836 punte
  4. Shaheen Afridi 828 punte
  5. Jasprit Bumrah 828 punte

Ander Suid-Afrikaanse boulers: Keshav Maharaj (18de), Duanne Olivier (22ste), Lungi Ngidi (23ste), Anrich Nortjé (25ste) en Marco Jansen (33ste).

Topkolwers:

  1. Joe Root 900 punte
  2. Marnus Labuschagne 885 punte
  3. Babar Azam 879 punte
  4. Steve Smith 848 punte
  5. Rishabh Pant 801 punte

Suid-Afrikaanse kolwers: Dean Elgar (13de), Temba Bavuma (29ste), Keegan Petersen (44ste), Aiden Markram (46ste), Rassie van der Dussen (47ste) en Sarel Erwee (65ste).

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Manie ·

Daar is egter nie een Suid-Afrikaner onder die toptienkolwers nie.
Geen wonder nie, wanneer laas het ‘n SA kolwer meer as 1 honderdtal in ‘n seisoen op toetsvlak aangeteken ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.