Rande rol by SA20-veiling

Tristan Stubbs op die oorlogpad teen die Engelse boulers. (Foto: Steve Bardens/AFP)

Danksy die finansiële steun van ʼn paar Indiese Premierliga-reuse, lyk dit of die komende SA20-toernooi darem meer volhoubaar as Suid-Afrika se vorige T20-reekse kan wees.

Die rande het omtrent by gister se veiling gerol en spanne het hul beursies groot oopgemaak om spelers soos Tristan Stubbs, Rilee Rossouw en Marco Jansen te bekom.

Daar het ʼn bie-oorlog oor Stubbs se kop gewoed met die Sunrisers Eastern Cape, MI Cape Town en Johannesburg Super Kings wat in hom belang gestel het.

Om ʼn lang storie kort te maak: Die jong Protea-speler gaan vir die Oos-Kapenaars speel, maar hulle moes R9,2 miljoen vir sy dienste opdok.

Stubbs is ongetwyfeld een van wêreldkrieket se blinkste diamante. Selfs al het die 21-jarige speler nog net ’n handjievol internasionale wedstryde gespeel, is ’n mens opgewonde wanneer hy voor die paaltjies stelling inneem – amper soos wanneer Kurt-Lee Arendse die bal op Loftus Versfeld in die hande kry.

Die openingswedstryd van die onlangse T20-reeks teen Engeland in Bristol was Stubbs se eerste kolfbeurt vir die Proteas (hy het in sy twee wedstryde teen Indië nie kolfkans gekry nie) en hy het beslis nie teleurgestel nie.

Hy het 72 lopies van slegs 28 aflewerings gemoker en die agt groot sesse was ongetwyfeld die kersie op die koek.

Dan het die Pretoria Capitals die dienste van Rilee Rossouw vir R6,9 miljoen bekom, terwyl Marco Jansen vir R6,1 miljoen vir die Sunrisers gaan speel.

Spelers soos Dean Elgar en Temba Bavuma is egter nie deur ʼn span opgeraap nie.

  • Spanne:

Johannesburg Super Kings: Faf du Plessis, Gerald Coetzee, Maheesh Theekshana, Romario Shepherd, Harry Brook, Janneman Malan, Reeza Hendricks, Kyle Verreynne, George Garton, Alzarri Joseph, Leus du Plooy, Lewis Gregory, Lizaad Williams, Donavon Ferreira, Nandre Burger, Malusi Siboto en Caleb Seleka.

Pretoria Capitals: Anrich Nortjé, Migael Pretorius, Rilee Rossouw, Phil Salt, Wayne Parnell, Josh Little, Shaun von Berg, Adil Rashid, Cameron Delport, Will Jacks, Theunis de Bruyn, Marco Marais, Kusal Mendis, Daryn Dupavillon, Jimmy Neesham, Eathan Bosch en Shane Dadswell.

Durban Super Giants: Quinton de Kock, Prenelan Subrayen, Jason Holder, Kayle Mayers, Reece Topley, Dwaine Pretorius, Heinrich Klaasen, Keemo Paul, Keshav Maharaj, Kyle Abbott, Junior Dala, Dilshan Madushanka, Johnson Charles, Matthew Breetzke, Christiaan Jonker, Wiaan Mulder en Simon Harmer.

Eoin Morgan gaan vir die Paarl Rocks speel. Foto: Twitter.

MI Cape Town: Kagiso Rabada, Dewald Brevis, Rashid Khan, Liam Livingstone, Sam Curran, Rassie van der Dussen, Ryan Rickelton, George Linde, Beuran Hendricks, Duan Jansen, Delano Potgieter, Grant Roelofsen, Wesley Marshall, Olly Stone, Waqar Salamkheil, Ziyaad Abharams en Odean Smith.

Paarl Royals: David Miller, Corbin Bosch, Jos Buttler, Obed McCoy, Lungi Ngidi, Tabraiz Shamsi, Jason Roy, Dane Vilas, Bjorn Fortuin, Wihan Lubbe, Ferisco Adams, Imraan Manack, Evan Jones, Ramon Simmonds, Mitchell van Buuren, Eoin Morgan en Codi Yusuf.

Sunrisers Eastern Cape: Aiden Markram, Ottniel Baartman, Marco Jansen, Tristen Stubbs, Sisanda Magala, Junaid Dawood, Mason Crane, JJ Smuts, Jordan Cox, Adam Rossington, Roelof van der Merwe, Marques Ackerman, James Fuller, Tom Abell, Aya Gqarmane, Sarel Erwee en Brydon Carse.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Dewald ·

Dit sê baie as jou huidige T20I Protea kaptein nie eers deur een van die spanne gekoop is nie…… Laat Bavuma gaan en maak Miller kaptein!!

George ·

Se eintlik niks nie – spelers wat ongekoop gegaan het in IPL – Steve Smith, Marnus Labushagne, Suresh Raina, Dale Steyn ens.
Faf ongekoop gegaan by die BigBash.
en nog baie meer, dit se absoluut niks nie.

Peter ·

Geen verrassing dat die kaptein nie opgeraap is nie, dit gaan tog immers oor spelpeil

George ·

Tog word Markram 23 toetse gegee om “form” te vind. Tog, is hy steeds in die span, nou se jy my wie is die quota.

Frank ·

Ja, nee. Hier gaan dit oor vermoëns, nie politieke korrektheid nie

B-Man ·

Ek kan nie verstaan hoekom iemand eerder vir Aiden Markram koop as vir Elgar nie…vreemd. Phil Salt se naam verskyn ook twee keer by sy spanlys, of is daar twee???

Christian ·

Die laaste 18 maande of so speel Aiden Markram baie goeie witbal krieket en hy is op top form en bestendig. Sy Toets (Rooibal) krieket vertonings is wel uiters swak en dit is hoekom hy uit die laaste toetsspan gelos was maar as dit kom by die kort vorm van die spel kyk gerus na sy nommers en dan sal jy sien hoekom ‘n span groot sal betaal vir sy dienste.

George ·

Aiden kan kort krieket jol, maar pateties in toetse, en Elgar, sukkel met albei.

George ·

Dit se niks – net vinnige paar name wat nie by IPL / BBL ens gekoop is nie – Faf, Steve Smith, Dale Steyn, Marnus L, Suresh Raina om n paar te noem. Die se niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.