Wayne skitter en Faf slaan wéér lopies

Faf du Plessis in aksie vir die Royal Challengers Bangalore. (Foto: Twitter/IPL)

Twee Suid-Afrikaanse spelers – Wayne Parnell en Faf du Plessis – het vanmiddag vir die Royal Challengers Bangalore in sy Indiese Premierliga-wedstryd teen die Rajasthan Royals geskitter.

Du Plessis het sy sewende vyftigtal van die toernooi aangeteken en hy het saam met Glenn Maxwell (wie anders?) toegesien dat RCB 171/5 in sy toegelate 50 boulbeurte kon aanteken.

Daarna het Parnell onder die Rajasthan-kolwers gemaai en hy het onder meer vir Jos Buttler en Joe Root terug na die kleedkamer gestuur.

Die groot oorwinning het RCB se netto lopietempo ʼn welkome hupstoot gegee en die span beklee tans die vyfde plek op die amptelike punteleer.

“Vandag se vertoning was baie goed vir die spelers en ek is oortuig dat almal oorgehaal is om in ons oorblywende wedstryde goed te doen,” het Du Plessis gesê.

Die voormalige Protea-kaptein dra steeds die oranje pet vir die meeste lopies in die toernooi. Hy het in 12 wedstryde reeds 631 lopies teen ʼn gemiddeld van 57,36 en ʼn treftempo van 154,27 aangeteken.

Daarbenewens het hy ook die bal al 34 keer oor die grenstou laat seil – die meeste onder al die kolwers.

Hoewel ʼn plek in die Wêreldbeker-eendagkriekettoernooi ʼn bietjie vergesog is, meen kenners dat Du Plessis op 38-jarige ouderdom nie net goed genoeg is om deel van Suid-Afrika se T20-planne te wees nie; hy hoort ook daar.

“As ons die T20-Wêreldbeker wil wen moet ons die beste span kies. En daardie span moet Faf du Plessis insluit,” het Paul Harris – voormalige Protea-draaier – in die media gesê.

  • Opsomming van telkaart:

Royal Challengers Bangalore 171/5 in 20 boulbeurte: Faf du Plessis 55, Glen Maxwell 54 en Adam Zampa 2/25.

Rajasthan Royals 59/10 in 10,3 boulbeurte: Shimron Hetmeyer 35, Wayne Parnell 3/10 en Michael Bracewell 2/16.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

George ·

Faf het n goeie seisoen, nou weet ons hoe besongers Kohli was toe hy 974 in n IPL seisoen geslaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.