Bokke, All Blacks speel om splinternuwe trofee (op Twickenham!)

’n Wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks is altyd iets om na uit te sien. (Foto: Odd Andersen/AFP)

Suid-Afrika en Nieu-Seeland sal mekaar later vandeesmaand vir die eerste keer in jare weer op Twickenham pak wanneer dié twee lande om ’n splinternuwe trofee, die Qatar Airways Cup, sal speel.

Dit sal die Springbokke en All Blacks se eerste kragmeting sedert 2015 op Twickenham wees wanneer dié twee spanne Vrydag 25 Augustus om 19:30 (20:30 SA tyd) in Londen afskop.

Akbar Al Baker, uitvoerende hoof van Qatar Airways, sê die lugdiens is geëerd om die titelborg en naamregtevennoot vir die wedstryd en gasheer vir “een van die grootste wedywerings in mededingende sportgeskiedenis” te wees.

“Die Suid-Afrikaanse en Nieu-Seelandse spanne is reuse in die wêreld van rugby en ons is opgewonde om deel van hierdie reis te wees, terwyl ons die ondersteuners voor die begin van die Wêreldbeker verenig.”

Die All Blacks het die Springbokke in sy mees onlangse kragmeting teen die draers van die Groen-en-goud in die Castle Lager Rugbykampioenskap met 35 – 20 in Auckland geklop. Die laaste keer dat die twee spanne mekaar op Twickenham die stryd aangesê het, was agt jaar gelede toe Nieu-Seeland met 20 – 18 gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Harley Davidson ·

Ek weet nie hoekom die all blacks teen ‘n span wil speel wat diskriminasie ondersteun met hulle kwota sisteem nie?

Leon ·

Deur hul (SA) te verneder. Groot genot vir hul wat hul tereg verdien

Michael ·

Trofees wat iets beteken het tradisies agter hulle. Hierdie nuwe trofee beteken niks-bloot ‘n advertensie vir die borg van trofee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.