Bokke bederf sir Clive se partytjie

Sir Clive Woodward. (Foto: Gbariel Bouys/AFP)

Sir Clive Woodward het die afgelope naweek wéér op sy neus gekyk ná sy  voorspelling dat Engeland die Bokke in die halfeindstryd kan klop.

“Ek het geglo Engeland gaan met drie punte wen,” het Woodward in sy jongste Daily Mail-rubriek geskryf.

“Ek kon nie sien hoe Steve Borthwick se span met Frankryk of Nieu-Seeland kon afreken nie, maar ek het eerlikwaar gedink dat hulle Suid-Afrika kan klop as hulle fisiek nie vir die Springbokke terugstaan nie.”

Die Rose het inderdaad fisieke spel opgedis, maar die Suid-Afrikaners se befaamde impakspelers het die momentumpendulum in hul span se guns geswaai.

“As ek egter doodeerlik moet wees, het dit nie gelyk of Engeland ʼn drie sou druk nie en dit is iets waarna hulle sal moet kyk. Op die ou einde het Suid-Afrika die enigste drie van die kragmeting gedruk.”

Die Engelse heer het reeds ʼn paar weke gelede die pot lelik misgesit toe hy voorspel het dat spanne uit die Noordelike Halfrond hul eweknieë in die Suide sou laat les opsê.

Hy het wel Maandag ʼn pluimpie vir die Springbokke se afrigterskorps gereed gehad.

Handré Pollard het belangrike punte in Suid-Afrika se halfeindstryd-oorwinning teen Engeland op die Stade de France aangeteken. (Foto: Twitter/Springbokke)

“Toe Handré Pollard ná net 31 minute sy verskyning op die veld gemaak het, het hy uitstekend gespeel. Dit was nie net sy stelskopwerk en die belangrike punte wat hy aangeteken het nie, maar sy kantlynskoppe het ook veldgebied vir sy span gewen en tot RG Snyman se drie gelei.”

Volgens Woodward was dit ʼn groot besluit wat Jacques Nienaber en Rassie Erasmus moes maak en dit was ongetwyfeld die regte keuse.

“Ons almal wou hê dat Engeland moes wen, maar hulle het nie ʼn drie gedruk nie. Dit was die grootste verskil tussen die twee spanne.”

Hy het bygevoeg die Rose kan trots wees op hul vertoning en het die spel van Maro Itoje, Courtney Lawes en Alex Mitchell uitgesonder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Miena ·

uhmmm wie is almal wou gehad het dat die rose moes wen??? Beslis nie ons in SA nie

Jacobus ·

Om eerlik te wees, die Rose het ons oorrompel en het gelyk of die bokke aan bomskok ly. Die arrogante Farrell het dikteer .Die blabs wat die skeidsregter, lynregter en TMO gemaak het deur anderpad te kyk toe Farrell uit ‘n onkant posissie op sy rug gelê het en die bal uit Faf se hande geskop het was verseker 3 punte vir ons plus ‘n geel kaart. Geen Engelsman het daaroor gekla nie

Elma ·

Jap. Daar is ook n hele paar van ons landgenote wat ook nie daardie raakgesien of genoem het nie. So ook nie die minstens 3 keer in die 1ste helfte wat ons gestraf is vir goed wat geen oortredings was nie. Die ou klomp bly stil oor daardie. Almal gaan net aan oor hoe sleg die Bokke gespeel het. Nou ja, as ons steeds wen terwyl ons sleg speel, wat sê dit van die Engelse.

007 ·

Ja ou Clive, hier in Afrikaans sê ons “slim vang sy baas” ek hoop net ons gaan nie heeltyd moet opvang rugby speel tn NZ nie. Die span wat eerste punte gaan aanteken gaan waarskynlik wen. En ek voorspel ook die span wat die meeste punte aangeteken gaan wen.

007 ·

Ja ou Clive, hier in Afrikaans sê ons “slim vang sy baas” ek hoop net ons gaan nie heeltyd moet opvang rugby speel tn NZ nie. Die span wat eerste punte gaan aanteken gaan waarskynlik wen. En ek voorspel ook die span wat die meeste punte aanteken gaan wen.

JohanR ·

Ek sal die ou nie glo as hy vir my se hy het ‘n “sure thing” op ‘n perd. Het gese Frankryk, Engeland, Wallis en Ierland gaan die laaste 4 spanne stande wees. En daar is die Bokke/AB in die finaal en net Engeland speel vir derde plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.