Will Jordan is ʼn wafferse driedrukmasjien in Frankryk en in aanloop tot Saterdag se eindstryd het hy reeds agt drieë in die Wêreldbeker-toernooi gedruk. Dit is ʼn prestasie wat hom gelyk met Bryan Habana [2007], Jonah Lomu [1999] en Julian Savea [2015] vir die meeste drieë nóg in die internasionale rugbyskouspel plaas.
Die 25-jarige Nieu-Seelandse agterspeler het amper 500 m in sy 48 lopies op die Franse rugbyslagvelde gevorder, terwyl hy ook ʼn spul verdedigers na lug laat gryp het.
Gʼn wonder die Kiwi’s is gaande oor hom nie.
“Daar is ʼn rede waarom ons hom die Ferrari noem. Hy is ʼn spesiale speler met spesiale vermoëns en ek hoop werklik dat hy die toernooi met meer as agt drieë agter sy naam afsluit,” het spanmaat Caleb Clarke gesê.
Jordan het onder meer ʼn driekuns van drieë in die halfeindstryd teen Argentinië op die Stade de France gedruk; ʼn prestasie wat sy loopbaanstatistieke tot 31 drieë in sy 30 toetse opgestoot het.
Jerome Kaino, die voormalige All Blacks-losvoorspeler, het ook vir Jordan ʼn pluimpie gegee.
“Ons almal weet dat dit eintlik die voorspelers is wat die donkiewerk moet doen, terwyl hy dan net vir die afronding sorg,” het Kaino geskerts.
“Maar eerlikwaar; hy is ʼn ongelooflike speler en sy getuigskrif spreek boekdele van sy vermoëns op die rugbyveld.”
Saterdag sal hy egter teen ʼn Springbok-span te staan kom wat bekend is vir sy goeie verdediging.
Die Bokke het reeds 765 suksesvolle duikslae in die toernooi uitgevoer, terwyl die spelers teen ʼn gemiddeld van 14,3 keer per wedstryd hul teenstanders met klipharde plettervatte laat les opsê.
Daarbenewens het Franco Mostert nie met een van sy 19 duikslae in die halfeindstryd teen Engeland misgetas nie.
Jordan mag dalk ʼn straler wees, maar selfs die gevaarlikste vegvliegtuig sal sukkel om op te styg wanneer die brandstoftoevoer toegedruk word.
#PUMAFam @FrancoMostert 14/14 tackles???? Machine. pic.twitter.com/HnbZ9TJdT5
— PUMA South Africa (@PUMASouthAfrica) October 15, 2023
Volgens Springbok-slot Marvin Orie het die Suid-Afrikaners hul huiswerk oor die All Blacks gedoen.
“Die ontleding sluit ons tweestryde in Auckland en Londen in en hopelik sal dit ons intensiteitsvlakke die nodige hupstoot gee. Daarbenewens doen ons ook ons eie voorbereiding om mekaar gereed te kry vir enigiets wat op die veld kan gebeur,” het Orie gesê.
- Voorste driedrukkers in Frankryk:
- Will Jordan (Nieu-Seeland): 8
- Damian Penaud (Frankryk): 6
- Bundee Aki (Ierland), Henry Arundell (Engeland), Leicester Fainga’anuku (Nieu-Seeland), Damian McKenzie (Nieu-Seeland), Louis Rees-Zammit (Wallis) en Darcy Graham (Skotland): 5
- Louis Bielle-Biarrey (Frankryk), Aaron Smith (Nieu-Seeland) en Cobus Reinach (Suid-Afrika): 4

Is daar nie min of meer dieselfde gesê voor die 1995 WB finaal oor Jonah Lomu nie?
Ditto
stats BRYAN HABANA – SOUTH AFRICA -10.4 SECONDS (100M)
Jonah Lomu put rugby on the global map with an almost unique physical appearance. Almost two meters tall and weighing 120 kilos, he ‘flew’ at over 35 km/h. The New Zealander became unstoppable to become a global sporting icon. A ‘Ruck’ report put Lomu himself at 10.70 seconds in the 100m dash.
All Blacks gaan die beker omhoog hou. Sterkte aan my Span.
Ek en mijoene ondersteun julle.
Die All Blacks is die waardevolste rugby handelsmerk in die wêreld. En hulle bly nederig, al wen hulle.
Will Jordan is the fastest player at the Christchurch-based franchise with a top-end speed of up to 37km/h.—Hy is vinniger as Bruan Habana
Die Bokke was ongelukkig die slagoffer van ‘n skeefgetrekte loting en het teen die no1 en bo 6 span te staan gekom.Die All Blacks het na hul nederlaag teen die Franse slegs met Ierland te doen gekry wat op die stadium reeds reeds met die Bokke en Skotte slaags was,
Dieselfde kan gwse word van die Engelse.
Die Bokke het die moeilikste paaidjie na die finaal gehad en dit sal werklik ‘n bomenslike poging neem om ‘n uitgeruste All Blackspan te klop.Die hoop beskaam egter nie.