Bokke tydelik bó in Groep B

Deon Fourie en Siya Kolisi. (Foto: Twitter/Springbokke)

Die Springbokke swaai tydelik die septer in Groep B van die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Frankryk nadat hulle Tonga mat 49 – 18 in Marseille geklop het.

Die Suid-Afrikaners het sewe drieë in hul vertoning gedruk en spelers soos Handré Pollard en Deon Fourie het met hul vertonings uitgeblink.

Selfs met die Springbokke nie op hul beste nie het hulle steeds die wedstryd met 31 punte en ʼn bonuspunt gewen.

Indien Skotland die Bokke se kwarteindstrydpartytjie wil bederf, sal hulle vir Ierland met ongeveer 21 punte in die Stade de France moet klop.

  • Naweek se uitslae:

Nieu-Seeland 96 – 17 Italië

Argentinië 59 – 5 Chili

Fidji 17 – 12 Georgië

Skotland 84 – 0 Roemenië

Australië 34 – 14 Portugal

Suid-Afrika 49 – 18 Tonga

  • Punteleer:

Groep A:

  1. Frankryk: 13 punte ná drie wedstryde
  2. Nieu-Seeland: 10 punte ná drie wedstryde
  3. Italië: 10 punte ná drie wedstryde
  4. Uruguay: 5 punte ná drie wedstryde
  5. Namibië: geen punte ná vier wedstryde

Groep B:

  1. Suid-Afrika: 15 punte ná vier wedstryde met ʼn punteverskil van +117
  2. Ierland: 14 punte ná drie wedstryde met ʼn punteverskil van +122
  3. Skotland: 10 punte ná drie wedstryde met ʼn punteverskil van +97
  4. Tonga: geen punte ná drie wedstryde met ʼn punteverskil van -102
  5. Roemenië: geen punte ná drie wedstryde met ʼn punteverskil van -234

Groep C:

  1. Wallis: 14 punte ná drie wedstryde
  2. Australië: 11 punte ná vier wedstryde
  3. Fidji: 10 punte ná drie wedstryde
  4. Georgië: 3 punte ná drie wedstryde
  5. Portugal: 2 punte ná drie wedstryde

Groep D:

  1. Engeland: 14 punte ná drie wedstryde
  2. Argentinië: 9 punte ná drie wedstryde
  3. Japan: 9 punte ná drie wedstryde
  4. Samoa: 6 punte ná drie wedstryde
  5. Chili: geen punte ná vier wedstryde

Klik hier om die bepalings vir die komende week te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Frank ·

Help ‘n bietjie. As Skotland vir Ierland met 21 wen en Skotland eindig bo in die groep. Beteken dit nie dat ons 2de in die groep gaan eindig (15punte) en Ierland (14) uitval nie?

Ziggy ·

Ja, as Skotland wen met ‘n bonus punt en Ierland kry geen bonus punt.

Jack Russ1 ·

Niemand het gesê iemand is bang vir die Iere nie. Dit is al van voor die WB begin het gesê dat Skotland groot wil gaan en die Iere klop in die laaste wedstryd. Frank wil maar net weet wat die stand gaan wees indien hulle wel so ver wen.

piet ·

Ja, as Ierland geen punte kry uit die wedstryd nie . As al 3 spanne gelyk met punte eindig, is punteverskil deurslaggewend om te bepaal wie die groep wen en as eerste kwalifiseerder deurdring MAAR vir die 2de kwalifiseerder, word gekyk na die wedstryd gespeel tussen die spanne in welke geval Ierland sal deurgaan omdat hulle ons in die groepfase geklop het (alhoewel hulle algehele punteverskil swakker as die Bokke s’n sal wees in die scenario).

Tiaan ·

Ek verstaan nie hoe alle sport nuus webblaaie en kommentators nie die kriteria vir kwalifikasie kan weet nie.
Indien SA en Skotland gelyk eindig op punte, is SA bo omdat hulle Skotte gewen het.
Indien Skotland vir Ierland met meer as 20 punte wen, dan is Ierland se punte verskil weer swakkeer as bokke indien dit wel gebeur dat al drie spanne op 15 punte eindig.
So die bokke het dus reeds gekwalifiseer.

Frank ·

Hoe kan Ierland op 15 punte eindig wanneer hulle teen die Skotte verloor?

Jack Russ1 ·

Verloor met minder as 7 punte of kry 4 drieë. Indien hulle altwee doen, dan eindig hulle op 16 en is hulle deur

kragaap ·

Hoe vinnig het die all blacks nie arrogant geraak na hul wen teen Italië nie ? Vergeet gou van 16-52…….maar Rassie het hul mooi geantwoord. Dalk kan Naas hul ook help …..

vuurvliegie ·

Kragapie jy geheue is ook maar kort.
Jy het vergeer van All Blacks 57 – Proteas 0

Jack Russ1 ·

Goeie geheue om die wedstryd te hou, maar wat het dit te doen met nou se spanne? 9 uit die 23 van NZ wat in daardie wedstryd gespeel het, 6 jaar terug is nie eers meer in die WB groep nie.

vuurvliegie ·

Dis nie wat SASCOC se nie. Enige sportsoort wat SA verteenwoordig word Protea’s genoem. Jy moet aanpas my vriend anders gaan jy en baie ander agterbly.

Republikein in die Wes Kaap ·

Baie Protea rugby aanhangers is reeds agter. Die blommetjies moet aanpas of verlep.

Chrisp ·

En rugby kyk bietjie op die linkerbors waar al die lande se wapen is en kom vertel my wat jy bespeur asb?

Manie ·

Indien Skotland vir Ierland met+21 punte wen, en beide teken ‘n bonuspunt aan, beteken dit dat Skotland en Ierland deurgaan omrede Ierland vir SA gewen het. Punte verskil tussen Ierland en SA maak dan nie saak nie, dis die “head to head”wat dan tel.

Jack Russ1 ·

Ierland het SA gewen, SA het Skotland gewen en as Skotland vir Ierland wen dan het hulle tussen mekaar elkeen een keer gewen. So hoekom sal SA uitval indien elkeen op 15 punte staan?

Manie ·

Dis hoe dit werk. Skotland eindig bo en indien nommer 2 en 3 gelykop eindig met dieselfde punte, tel die punteverskil nie meer nie. Omrede Ierland vir SA gewen het, sal hulle dus deurgaan. Daar is ‘n klein kans dat dit sal gebeur, maar dit is teoreties wel moontlik.

Jack Russ1 ·

Dankie hiervoor, was onder die indruk soos die meeste, dat dit net gaan werk met punteverskil aangesien elkeen vir elkeen gewen is. Dis is soos jy sê eers punte verskil om die span te kry wat 1ste lê. Dan begin die prosess weer van voor om die 2de en 3de plek vas te stel.

Ons hou maar duim vas vir die beste

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.