Ervare Pienaar in Cheetahs-toergroep

Ruan Pienaar. (Foto: Johan Pretorius/Gallo Images/Cheetahs/Facebook)

Die 39-jarige Ruan Pienaar is in die Cheetahs se toergroep vir hul Europese Uitdaagbeker-wedstryd teen Zebre in Parma.

Hy is een van die nege agterspelers in die groep.

Pienaar, wat in 88 toetse vir die Springbokke gespeel het, het sy waarde vir die Cheetahs in hul suksesvolle Curriebeker-veldtog onderstreep. Hy is een van Saru se benoemdes in die Curriebekerspeler van die jaar-kategorie.

Die Cheetahs speel op 17 Desember gasheer vir die Sharks in Bloemfontein, terwyl ʼn wedstryd in Amsterdam teen Section Paloise ook op die span wag.

  • Cheetah-toergroep:

Voorspelers: Rynier Bernardo, Schalk Ferreira, Justin Forwood, Marko Janse van Rensburg, Daniel Maartens, Friedle Olivier, Sibabalo Qoma, Jeandré Rudolph, Victor Sekekete, Alulutho Tshakweni, Henus van Wyk, Gideon van der Merwe, Marnus van der Merwe, Louis van der Westhuizen, Laurence Victor en Carl Wegner.

Agterspelers: Evardi Boshoff, Reinhardt Fortuin, Cohen Jasper, Daniel Kasende, Rewan Kruger, George Lourens, Tapiwa Mafura, Ali Mgijima en Ruan Pienaar.

  • Die naweek se rugbyaksie:

Europese Uitdaagbeker:

Saterdag:

15:00: Zebre teen Cheetahs

17:00: Sharks teen Section Paloise

Sondag:

15:00: USA Perpignan teen Lions

Kampioenebeker:

Saterdag:

19:30: Bulls teen Saracens

Sondag:

17:15: Leicester Tigers teen Stormers

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.