Europese rugby staal hul vir SA inval

Die Cheetahs gaan weer teen Europese spanne speel. Foto: Twitter.

Kort nadat Stuart Barnes sy mond oor die deelname van Suid-Afrikaanse spanne aan Europese kompetisies uitgespoel het, het die deur vir deelname in die Noordelike Halfrond nog groter vir plaaslike spanne oopgeswaai.

Die Bulls, Sharks en Stormers sal hul Europese avontuur onder meer in die Kampioenebeker voortsit, terwyl die Lions en Cheetahs deel van die Uitdaagbeker sal wees.

Die nuus is veral ’n welkome internasionale reddingsboei vir die Bloemfonteiners wat vroeër ietwat onseremonieel uit Europese kompetisies geskop is om vir die ander Suid-Afrikaanse spanne plek te maak.

Dit beteken dat die plaaslike spanne nou ook swaarde met die beste klubs uit Engeland en Frankryk sal kruis nadat hulle die suksesvolle sprong na Ierland, Italië, Wallis en Skotland danksy die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) gemaak het.

“Ons vyf franchise-spanne gaan nou kragte teen spanne meet teen wie hulle nog nooit vantevore gespeel het nie,” het ’n opgewonde Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, gesê.

Volgens Roux het dinge vinniger in plek geval as wat daar aanvanklik gehoop is; deelname in Europa se topkompetisies was immers vanuit die staanspoor in Saru se visier.

“Soos wat ons in die eerste seisoen van die Vodacom VRK-reeks ervaar het: Die rugby is van hoogstaande gehalte en dit is beslis tot ons spelers se voordeel.”

Hy het ook die Cheetahs vir hul geduld bedank.

“Ek is seker hulle kan nie wag om weer teen internasionale teenstanders te speel nie en ons is dankbaar dat hulle deel van die Uitdaagbeker is.”

Anthony Lepage, uitvoerende hoof van European Professional Club Rugby (EPCR), het gesê dat die insluiting van Suid-Afrikaanse spanne ’n tree in die regte rigting is – veral met die oog daarop om dié topkompetisies onder ’n internasionale gehoor te bemark.

“Die kompetisies kan nou nuwe hoogtes bereik met die beste spanne uit Suid-Afrika wat skouers met die beste uit Engeland en Frankryk skuur.”

Tog was Barnes, ’n voormalige Engeland-losskakel, maar bra skepties oor Suid-Afrika se Europese insluiting.

“Van die eerste toernooi af – toe Toulouse destyds vir Cardiff in 1996 geklop het – word die reeks deur die feit gekenmerk dat die uiteindelike wenners as die kampioenspan van Europa erken word. Dit is nie meer die geval nie,” het Barnes in sy Sunday Times-rubriek geskryf.

“Daar gaan nou drie Suid-Afrikaanse spanne in ’n toernooi speel wat veronderstel is om die beste span in Europa te bepaal.”

“Die Europese Kampioenebeker is geskiedenis. Die krag van die Heineken-beker het in die vurige wedywering tussen klubs, provinsies en lande gelê. Dit is ’n geleentheid vir ondersteuners om hul spanne na ander lande te volg. Gaan dieselfde aantal toeskouers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Clifford ·

Ons moet versigtig wees met hierdie sagte, stadige rugby wat ons nou bo in die noordelike halfrond speel. Dit is helemal anders as die vinnige harde rugby wat ons in die suide gespeel het.

Ek bedoel nie SA speel sag nie, SA speel hard, maar teen sagte spanne.

JohanR ·

Dankie tog! Na jare en jare was die Nieu-Seeland, Australia en Argentina ding af gesaag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.