Folau se geldinsameling gekortwiek

Israel Folau. Foto: Facebook.

Die afgedankte Australiese rugbyspeler, Israel Folau, se veldtog om geld vir sy regskoste in te samel, is Maandag summier stopgesit.

Die 30-jarige heelagter is vroeër deur Rugby Australië (RA) in die pad gesteek omdat hy op sosiale media gesê het dat onder andere homoseksuele persone hel toe gaan tensy hulle hulself bekeer.

Folau is ’n uitgesproke Christen en voer aan dat sy RA-kontrak weens geloofsdiskriminasie beëindig is en hy het daarom met regstappe teen sy voormalige werkgewer begin. Maar sy regsveldtog het rampspoedig begin toe die skarefinansieringswebwerf GoFundMe sy geldinsamelingsblad summier gesluit het.

Folau het op dié blad gevra dat die publiek vrywillige skenkings maak om te help met sy regskoste. Die Australiese media berig dat daar meer as $530 000 (sowat R7 594 900) ingesamel is voordat sy veldtog in die wiele gery is.

GoFundMe het in ’n verklaring gesê dat Folau se geldinsameling teenstrydig met hul reëls en regulasies is.

“As maatskappy beywer ons onsself om vir gelyke regte vir homoseksuele en transgender-persone te veg. Ons wil ’n omgewing skep waar inklusiwiteit en verdraagsaamheid heers,” het ’n woordvoerder van GoFundMe, Nicola Britton, gesê.

  • Intussen het Tonga aangedui dat hulle belangstel om Folau se dienste vir die 2023-Rugbywêreldbeker te bekom. Folau is juis van Tongaanse herkoms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Valerie ·

Alles wat abnormaal is word deesdae opgehemel. Folau is ‘n ster.

Antoon ·

Wil enige SA franchise hom nie asb opraap nie. Ons “ambassadors” raak tog veel erger dinge kwyt en ons kan doen met so ‘n superster. Dink net hoe lekker sal ons kry elke keer as hy ‘n drie druk teen daai sissies down under ????

Shirley ·

As jy hierdie aarde bewandel en nie die glorie van God om jou kan sien nie, is dit hartseer. Menigte ongelowige het met hul laaste asems na dieselfde God geroep wat hul geminag het deur hul lewens.

Dries ·

Laat ons Folau aan die genade troon van GOD almagtig opdra, hy het ‘n groot prys betaal ter wille van getrouheid aan GOD.

Rupert Ashford ·

Alternatiewe fondsinsameling vir Izzy deur die Australian Christian Lobby het in 24 uur amper soveel ingesamel soos in 4 dae op GFM.

CallieL ·

Dit is skrikwekkend om te sien dat Christenskap en die Woord van God deur die mens afgekraak word vir kamtige menseregte. Die mens kan die Bybel aanpas soos hy wil om hom te pas, God se oordeelsdag gaan regverdigheid bring.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.