Foley sê hy is klaar met toetsrugby

Tom Foley sê hy het doodsdreigemente ná die Wêreldbeker-eindstryd gekry. (Foto: Kieran Galvin/NurPhoto via AFP)

Tom Foley, die TV-skeidsregter in die Wêreldbeker-eindstryd tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland, het besluit hy is vir eers klaar met internasionale rugby.

Die Engelsman het ná die eindstryd onder aanlyn boelies deurgeloop en hy het selfs doodsdreigemente ontvang.

Die Springbokke het vir die vierde keer die Webb Ellis-trofee omhoog gehou nadat hulle die All Blacks met 12 – 11 in Parys geklop het.

Cheslin Kolbe, Siya Kolisi en Shannon Frizell is in die wedstryd met geel kaarte van die veld gestuur, terwyl Sam Cane die eerste speler nóg geword het om aan die ontvangkant van ʼn rooi kaart in ʼn Wêreldbeker-eindstryd te wees.

Volgens Foley was die Wêreldbeker-eindstryd die toppunt van sy skeidsregtersloopbaan, maar die tyd het aangebreek om ʼn blaaskans te neem.

“Die onnodige druk ná die wedstryd, tesame met ʼn stortvloed van kritiek deur aanlyn boelies, was bloot ʼn bevestiging dat dit die regte besluit is,” het hy gesê.

Die 38-jarige skeidsregter het verlede maand gesê dat doodsdreigemente teen hom en sy gesin gemaak is en hy moes noodgedwonge ook die onderwysers by sy kinders se skool waarsku.

“Die manier waarop Tom ná die Wêreldbeker-eindstryd behandel is, is onaanvaarbaar – niemand verdien dit as hy bloot sy werk doen nie,” het Bill Sweeney, uitvoerende hoof van Engeland se rugbyraad, gesê.

Sweeney het Foley as een van die beste televisiebeamptes op die internasionale verhoog bestempel en hom vir sy uitstekende bydrae tot die spel bedank.

“Ons sal alles in ons vermoë doen om spelers en wedstrydbeamptes teen aanlyn kritiek te beskerm.”

Foley sal egter nog in die Gallagher-premierliga sy fluitjie blaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Christo ·

Dis duidelik dat iets lelik skeefgeloop het in die finaal . Hulle almal loop so op `n streep weg

vuurvliegie ·

Tom Foley het die regte ding gedoen. In ‘n normale werk sou jy “ge-fire” gewees het binne 24 uur. Geniet die rugskansie en moet asb nie weer ‘n skeidsregter probeer wees nie. Jy kan gerus met die aftree geldjies jou oe weer laat toets.

vuurvliegie ·

@Christo—Ek en miljoene ander rugby liefhebbers stem 100% saam. Dis die eerste keer dat WR so ‘n groot verleentheid geword het wat skeidsregters betref. Skeidsregters moet hulle werk 100% reg doen want daar is te veel oe en ander kameras op jou wat die foute gaan uitwys. Die geldtjies het seker in die bankrekenings begin wys dat almal nou weghardloop.

Niklaas ·

Daardie tegnologiese lyne boelies is net swak verloorders. Daarvan sien ons genoeg in die afgelope 5-8 jaar. En die pers/media is die goot aanhitsers met hul gif artikels wat lesers maklik kan opsweep.

Bostoe ·

As ap die AB ondersteuners net kan aan beweeg sal dit ‘n blye dag wees. Die feit dat van die kommentaar hierbo kan saamstem wanneer ‘n man en sy gesin doodsdreigemente kry oor sport, laat my wonder waar die eintlike probleem is? Geen sportgeleentheid is ‘n man en sy gesin se veiligheid werd nie.

John ·

Goeie nuus want hy was soos al die ander nooit iets wat wonders nie. Hulle moet nou maar robotte oplei en dan sal ons darem miskien regverdige beslissings kry

vuurvliegie ·

@Bostoe. Dis seker maar ‘n verleentheid vir die Bokke om ‘n beker in die lug te hou as die wereld nou kan sien dat die Bokke dit nie verdien het nie. Die skeidsregters hardloop nou een vir een weg agv hulle swak beslissings. Dis seker ‘n swaar pil om te slik. As die skeidsregters regverdig geblaas het sou niemand hulle en hul familie gedreig het nie. Dis seker maar die prys wat jy bestaal as jy ‘n onregverdige een oog skeidsregter is .

Bostoe ·

@Vuurvliegie. Dit voel fantasties om die beker weer tuis te hê. Al jul geraas gaan geen verskil daaraan maak nie. Die Bokke het die taaiste pad ooit na ‘n finaal gehad en verdien dit 100% .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.