Foto’s: Bokke maak litte los  

(Foto: GB Jordaan)

Die Springbokke het Dinsdag litte losgemaak op Loftus Versfeld in die aanloop tot die openingwedstryd van die Rugbykampioenskap.

Die Bokke speel op 8 Julie teen Australië op Loftus Versfeld. Hulle kom hierna op 15 Julie teen die All Blacks te staan en op 29 Julie teen Argentinië.

Na afloop van die Rugbykampioenskap speel die Bokke drie opwarmingstoetse teen Argentinië op 5 Augustus, teen Wallis op 19 Augustus en teen Nieu-Seeland op 25 Augustus. Dit word gevolg deur ʼn week lange oefenkamp in Korsika voordat hulle na Toulon reis ter voorbereiding van hul Wêreldbeker-openingwedstryd teen Skotland op 10 September.

(Foto: GB Jordaan)

Rassie Erasmus, SA Rugby se direkteur van rugby, het intussen Dinsdag gesê hy is vol moed dat die Springbok-losskakel Damian Willemse volgende week weer op die been sal wees. Manie Libbok is die enigste fikse no. 10-speler in die oefengroep, terwyl Handré Pollard en Willemse op die krukkelys is. Elton Jantjies is juis vir die oefenkamp in Pretoria opgeroep sodat Pollard-hulle voldoende tyd het om ten volle te herstel.

Siya Kolisi, die Springbok-kaptein, was Dinsdag in goeie luim oor die herstelpad ná sy knie-operasie en hy sê hy sien uit daarna om weer terug op die veld te wees.

Kolisi het einde April ʼn knie-operasie ondergaan en is sedertdien in intensiewe rehabilitasie in die hoop om volkome te herstel voor die Wêreldbeker-rugbytoernooi wat in September en Oktober in Frankryk plaasvind.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jack ·

Stel nie belang nie.Alle bokke behoort standpunt in te neem teen transformasie en rassisme en veral die regering al kos dit hulle plekke in die span.

piet ·

Ek sien Faf oefen sy skoppies…..Ek dink nie ons gan dit maak hierdie keer nie. Te min veranderinge vanaf die vorige wereldbeker (dink nie daar is genoeg belowende jongmanne nader getrek nie) en met Rasnaber die afrigtingspan kan ons weer die skoptaktiek verwag. Ek dink nie dit gaan weer werk nie.

Jakkie ·

Sjoe maar ons is negatief. Glo my, bietjie positieweteit is goed vir die siel.

Kirst ·

Altyd interessant mense wat so gal braak oor sport spanne, maar tog die artikels lees en kommentaar lewer…

piet ·

Kritiek moet nie noodwendig as negatief gesien word nie. Ons sal ons spelpatroon moet aanpas anders gaan ons nie die pyp rook in my opinie nie. Ek het net-nou na die opdrafspan vir die eindstryd van die vorige wereldbeker gekyk. Dieselfde manne is steeds daar en dis 4 jaar later…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.