Hie kommie Bokke! Só verloop Trofee-toer

Die Sprinbokke vier hul oorwinning teen Engeland tydens Saterdag se Wêreldbeker-eindstryd. (Foto: Verskaf).

Springbokondersteuners sal Donderdag hul Bokhelde en die Web Ellis-trofee in lewende lywe te sien kan kry. Die wêreldkampioene toer Donderdag deur die strate van Pretoria, Johannesburg en Soweto in ’n oop bus as deel van hul Trofee-toer.

Dié toer sal omstreeks 08:30 by die Uniegebou in Pretoria afskop, waarna die bus omstreeks 09:30 in die rigting van Stanza Bopape-straat gaan beweeg.

Kyk dan uit vir die groen bus met jou gunsteling-Springbokke soos die bus deur die loop van die oggend via End-, Pretorius-, Gordon-, Burnett-, Park-, Kirkness-, Jorissen- en- Paul Krugerstraat beweeg. Vandaar sal die Springbokke ’n draai op Kerkplein maak en in Madibastraat afbeweeg.

Die Pretoriase deel van dié toer sal omstreeks 10:30 tot 11:00 by Tshwane-huis tot ’n einde kom, voordat die Bokhelde na Johannesburg vertrek.

Kyk uit vir dié bus in die strate van Pretoria, Johannesburg en Soweto. (Foto: SA Rugby)

Die bus sal dan omstreeks 14:00 vanuit Jan Smutslaan in Braamfontein na die Metrosentrum vertrek. Vandaar sal die bus oor die Nelson Mandela-brug beweeg tot by FNB Bank City in Simmondsstraat. Dán oor Nasrecweg verby Riverley na die FNB-stadion.

Die Springbokke sal ’n draai maak in Ben Naudestraat, Imminkweg, Chris Hanistraat verby Maponya Mall, Klipspruitvallei, Kumalohoofweg, Vilakazistraat en die Hector Pieterson-gedenkteken.

Dié deel van die Trofee-toer kom tussen 15:45 en 16:15 by die Orlandostadion tot ’n einde.

Die Springbokke sal ook oor die naweek met die trofee in Durban, Oos-Londen, Port Elizabeth en Kaapstad spog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

ZAAN ·

Wil ek ook weet??? Is die Noordwes nie belangrik nie???? Landswye toer!!

Siener ·

Hier is te veel All Blacks in Bloemfontein wat die Bokke bangmaak

Rooibok ·

As hulle wil he ek moet hulle sien moet hulle in Secunda kom draai

Barend ·

As hulle na secunda kom sal ek op n ander plek wees .wil hulle nie verniet sien nie .genoeg is genoeg.small things amuses small minds

waarheid ·

Wys jou net wat gebeur as jy ‘n goeie afrigter het!

Ons het darem vir jou ‘n klomp ‘loosers’ in die verlede gehad. Politieke puppets sonder ‘n brein.

bokke ·

Heimlike Eier, die veroweraar van die magtige Japan in 2015?

Hou vas ·

Voorspoed ons “springbokke” met daai gewaagde laaste skof. Hou net waardevolle items buite sig en bly op die bus.

Bokke Bo ·

My hartjie eindelik bietjie seer omdat ek hul nie kan sien nie ‘n mens moet maar werk vir ‘n lewe ja nee kyk Boksburg sien hul ook nie. Bokke bo

Boksburg ·

Bokke is te bank om boksburg toe te gaan. Toe Gerrie Coetzee in boksburg gebly het was hy swaargewig wereldkampioen maar net nr 3 op die ranglys in die lokale kroeg die copper tavern….

Pongola Kzn fan ·

Wens hulle kon KZN om gekom het :-( ………
Hier so baie wat sal love om hulle te ontmoet ….

Yankee ·

Hoekom dan nie ook n draai maak hier in Los Angeles nie? Mos vele support hier ook gehad.

Annetjie ·

Hoekom kom hulle nie Wesrand toe nie – net in die middestad van Johannesburg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.