Pro14-afdelings vir komende seisoene bekend

Die Guinness Pro14-reeks. Foto: ANA.

Die Cheetahs sal vir die volgende twee seisoene saam met die groot honde in die Guinness Pro14-toernooi probeer blaf.

Die Vrystaters is saam met die huidige kampioenspan, Leinster, sowel as die silwer medaljewenners, Glasgow Warriors, in A-afdeling ingedeel.

Daarteenoor sal die Southern Kings in die B-afdeling van die Noordelike Halfrond se rugbyskouspel speel.

Die verskillende afdelings is ná die laaste groepwedstryde van vanjaar se Pro14-seisoen opgestel, met die spanne wat in posisie 1 tot 14 gerangskik is en daarna in die twee groepe verdeel is.

Volgens die toernooi se organiseerders is die afdelings op só ’n wyse opgestel om te verseker dat albei afdelings kompeterend sal wees met ewe veel spanne van elke unie in die twee groepe.

Die Cheetahs het agt van hul 21 groepwedstryde in die vorige seisoen gewen en 46 punte opgestapel.

Die Kings kon egter net twee wedstryde wen en het sewe kragmetings met minder as sewe punte verloor. Hulle was die houtlepelspan in die B-afdeling.

  • Die Pro14-afdelings vir die 2019/2020- en 2020/2021-seisoene:

A-afdeling: Glasgow Warriors, Leinster Rugby, Ulster Rugby, Ospreys Rugby, Dragons Rugby, Zebre, Cheetahs.

B-afdeling: Edinburgh Rugby, Munster Rugby, Connacht Rugby, Cardiff Blues, Scarlets, Benetton Rugby, Southern Kings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Swartwolf ·

Die Stormers moet vir ‘n seisoen of twee in die kompetisie speel sodat die span sy selfvertroue en prestasie kan terugkry. Hulle sukkel te kwaai in SR laaste die jaar in SA konferensie. Hul bokke waai in elk geval oorsee of sal nie die bok span maak na die wereld beker nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.