Soet vir Poemas, suur vir Blitsbokke

Die onweerswolke pak steeds saam om die Blitsbokke; die mans kon slegs negende en die vrouespan maar 12de eindig. (Foto: Springbok Sevens/X)

Die son het Sondagaand (Suid-Afrikaanse tyd) weer helder op Argentinië se sewesspan in Vancouver geskyn toe die Pumas hul derde opeenvolgende sege in Wêreldrugby se sewesreeks behaal het.

Maar die onweerswolke pak steeds saam om die Blitsbokke; die mans kon slegs negende en die vrouespan maar 12de eindig.

Die Poemas het Nieu-Seeland met 36-12 in die manseindstryd geklop om hul heerskappy verder te onderstreep. In die vroueafdeling het Nieu-Seeland vir Frankryk met 35-19 getroef.

Die Blitsbokke (mans) het Nieu-Seeland op die eerste dag verras, maar toe teen Brittanje en Ierland vasgeval en nie die uitspeelrondes gehaal nie. Hulle het in die uitspeelstryde om die negende plek vir Kanada en Australië geklop om darem ʼn bietjie verlore aansien te herwin.

Die vrouespan het al ses wedstryde verloor en kon slegs 34 punte aanteken, terwyl hulle 116 afgestaan het.

Ja, die span is nog in sy kinderskoene, maar die vraag word gevra hoe Brasilië, Japan en Spanje se vrouespanne dan beter vertoon?

Die Blitsbokke (mans) het tot sesde op die puntelys afgeskuif en is op 46 punte agter Argentinië (78), Ierland (54), Fidji (54), Nieu-Seeland (50) en Australië (47).

Die vrouespan is 12de van 12 spanne met net agt punte en baie ver agter Australië (72), Nieu-Seeland (66) en Frankryk (62).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jacobus ·

Eintlik baie eenvoudig – Sharks het op hulle ou patroon die uiters suksesvolle 7”s afrigter afgerokkel. In 7’s is hy n sleutel persoon!

Niklaas ·

Nou wonder ek net waarom , na soveel jaar van suksesse , sukkel die Blitsbokke die laaste jaar of twee dan so erg ? Die vroue span nog erger.

Joan ·

Dit is opmerklik dat Sewesrugby alhoemeer ‘n fisieke spel word en dat groot sterk vaardige spelers die spel begin oorheers en Suid Afrika en selfs NZ in die opsig nie langer mededingend is nie,
Die gemak waarmee Ierland die Blitsbokke afgeskud het is ‘n aanwysing van die leemte in die Blitsbokke se verdediging.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.