Die Blou Bulle mag nou wel ʼn aantal spelers aan die Springbokspan en beserings afgestaan het, maar Hanro Liebenberg sal Vrydagaand (19:00) in Bloemfontein ʼn ervare groep spelers op die veld lei.
Die Blou Bulle se groep, waarvan die meeste in meerdere of mindere mate ervaring van Superrugby het, speel in Bloemfontein teen die Vrystaat Cheetahs.
Net Jamba Ulengo het al toetsrugby gespeel, maar hoewel dit ʼn jong span is, het feitlik al die opdrafspelers Superrugby-ervaring.
Die verkose agterlyn en dié van die Vrystaat Cheetahs behoort vir uitstalrugby soos min te sorg, met veral die Bulle se spelbrekerlosskakel Manie Libbok wat vir die vrystaters slapelose nagte kan gee, mits sy voorspelers genoeg besit kan voorsien.
Die span ‒
Divan Rossouw, Jade Stighling, Johnny Kotze, JT Jackson, Jamba Ulengo, Manie Libbok, Andre Warner, Hanro Liebenberg (kaptein), Thembelani Bholi, Ruan Steenkamp, Ruan Nortje, Ruben van Heerden, Conrad van Vuuren, Edgar Marutlulle, Matthys Basson. Bank: Jan-Henning Campher, Dayan van der Westhuizen, Hendré Stassen, Jano Venter, Theo Maree, Tony Jantjies, Earll Douwrie.