Tweede toets teen Georgië afgelas

Foto: Phill Magakoe/AFP.

SA Rugby (Saru) het pas bevestig die tweede toets tussen die Springbokke en Georgië is weens die vlaag positiewe gevalle in al twee spanne gekanselleer.

Die Springbokke het gister aangedui dat hulle eers sal wag om hul span vir die beplande wedstryd aan te kondig nadat Lood de Jager die virus opgedoen het.

’n Rukkie daarna het die nuus gebreek dat Handré Pollard, Marvin Orie, Frans Steyn, Frans Malherbe en ses van die Suid-Afrikaners se bestuurspanlede (onder wie Jacques Nienaber) ook positief vir Covid-19 getoets het.

Verder het van Georgië se spelers ook die virus opgedoen.

Die mediese raadgewende groep (MAG) het bevind dat die risiko van verdere positiewe gevalle dit onmoontlik maak om met die kragmeting voort te gaan.

“In die konteks van die lewensverlies en die ekonomiese skade wat Covid-19 en sy derde vlaag veroorsaak, is die kansellasie van ’n rugbywedstryd iets van kleiner belang,” het Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, gesê.

Volgens Roux is die nuus egter steeds ’n reuseteleurstelling vir belanghebbendes wat soveel moeite gedoen het om die kragmetings ’n logistieke werklikheid in die onsekere tye te maak.

“Ek kry die spelers en ondersteuners jammer en veral vir Georgië wat op ’n kort kennisgewing kom speel het, en nou is die toer kortgeknip.”

Die Britse en Ierse Leeus se toerwedstryd teen die Bulls het ook in die slag gebly nadat spelers in die Pretoriase span positief vir die virus getoets het.

Intussen het die toerspan ook pas bevestig dat een van hul bestuurspanlede positief vir die virus getoets het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Tubac ·

Van die begin af was hierdie n groot risiko. n Lemoen word nie ryp gedruk voor sy tyd nie. Gaan leer by NZ en Aus hoe dit gedoen moet word.

Anton J ·

Tubac, groot rissiko vir wat? Hierdie is spelers se werk. Net soos jy die reg het om elke dag in moeilike omstandighede die pot aan die kook te hou met n rissiko doen hierdie spelers die selfde om my en jou genot te gee. So ek stem nie met jou saam nie.

Tubac ·

So jou eie genot kom eerste en dit klink vir my dat jy min respek het vir andere se gesondheid. Dink jy vir n enkele oomblik dat hulle nie vergoed word gedurende hierdie periode nie?

Hendrik Marthinus ·

Jaag solank die Leeus ook weg
Gaan nie binne n maand beter word nie

Kokkie ·

Iets wat ek glad nie verstaan nie : daar is vroeg verlede week in die pers bekend gemaak dat Herschel Jantjies positief getoets het vir die Corona-virus. Ten spyte daarvan het hy in verlede Vrydagaand se toets teen Georgië gespeel. Kan iemand dalk verduidelik ?

Anton J ·

Hulle se dit was blykbaar n valse uitslag……want die volgende twee het negatief getoets

Dirk Mostert ·

Aha, die toets is alles behalwe onfeilbaar, wat ek nog heeltyd op hamer. ‘n Positiewe uitslag sonder ‘n dokter se bevestiging van siekte behoort nie as ‘n infeksie te tel nie.

Dirk Mostert ·

Wag ‘n bietjie. Is die hele Springbokgroep en amptenare dan nie reeds ingeent nie? Die Britse Leeus sou nie kon vlieg sonder hul vaksienvisums nie. Mens sou aanneem die Georgie-span (deel van die Europese Unie) was ook onderhewig aan vaksienvisums. Almal is dus teoreties immuun teen die virus. Hulle kan mos nie mekaar aansteek nie. Of hoe?

Thom ·

Nee Dirk , almal was nie geënt nie . Dit bly oral ‘n persoonlike keuse . Vat jou negatiwiteit rondom die enigste ding wat werk elders aub .

Anthony ·

Hartseer eintlik, maar wat kan ons doen ne. Mother nature has spoken…GAAN SIT IN JULLE HOEKIES TOT EK BESLUIT JULLE KAN UITKOM

Gideon ·

Hoekom het die toer in eerste plek voort gegaan? Sinneloos!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.