Vandag se sportnuus

Faf du Plessis speel ’n innoverende hou teen die Tswhane Spartans. Foto: GB Jordaan.

Krieket:

  • Suid-Afrika se voormalige T20-kaptein, Faf du Plessis, sal die T20-wêreldspan teen ’n Asië-elftal aanvoer.

Die 35-jarige Du Plessis het vroeër vandeesmaand afstand van sy rol as die Proteas se toets- en T20-kaptein gedoen.

Die vertoonwedstryde word op 18 en 21 Maart in Bangladesj gespeel.

Wêreld-span: Alex Hales (Engeland), Chris Gayle (Wes-Indië), Faf du Plessis (Suid-Afrika, kaptein), Nicholas Pooran (Wes-Indië), Brendan Taylor (Zimbabwe), Jonny Bairstow (Engeland), Kieron Pollard (Wes-Indië), Adil Rashid (Engeland), Sheldon Cottrell (Wes-Indië), Lungi Ngidi (Suid-Afrika), Andrew Tye (Australië), Mitchell McClenaghan (Nieu-Seeland).

Asië-span: KL Rahul (Indië), Shikhar Dhawan (Indië), Virat Kohli (Indië), Rishabh Pant (Indië), Kuldeep Yadav (Indië), Mohammad Shami (Pakistan), Thisara Perera (Sri Lanka), Lasith Malinga (Sri Lanka), Rashid Khan (Afganistan), Mujeeb Ur Rahman (Pakistan), Mustafizur Rahman (Bangladesj), Tamim Iqbal (Bangladesj), Mushfiqur Rahim (Bangladesj), Liton Das (Bangladesj), Sandeep Lamichhane (Sri Lanka).

  • Die beslissende T20-wedstryd tussen Suid-Afrika en Australië word vandag op Nuweland beslis. Die aksie begin om 18:00.

Rugby:

  • Die Stormers speel die naweek teen die Blues op Nuweland in hul vierde Superrugby-wedstryd van die seisoen.

Die Kapenaars het ses van hul laaste agt kragmetings teen die Aucklandse span gewen, waaronder vier agtereenvolgende wedstryde op hul tuisveld.

Jaco Peyper sal die fluitjie in die wedstryd blaas, met Marius van der Westhuizen en Divan Uys sy assistente.

  • Dan skop die Lions hul oorsese toer af met ’n wedstryd teen die Waratahs in Sydney, terwyl die Sharks teen die Reds in Brisbane speel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.