Wallis se mees ervare voorspeler, Alun Wyn Jones, voer Saterdag in Christchurch ʼn gewonde Britse en Ierse Leeus-span aan, wat sal poog om Superrugby se toonaangewer, die Crusaders, ore aan te sit.
Alles vir die sleutelwoord "Britse en Ierse Leeus"
Bokke kan bly wees Britse en Ierse Leeus toer nie nou na SA
Ek wil baie graag hê die Springbokke moet wêreldtemmers wees, maar dit kan nie tans gedoen word nie. Om te dink die Springbokke is nou een van die top-spanne strook eenvoudig net nie met die feite en werklikheid nie.
Blues wys die Leeus wat nog vir hulle voorlê
Dis miskien te gou om te oordeel, want die Britse en Ierse Leeus is nog besig om elke toerlid speelkans te gee, maar hulle sal na die neerlaag Woensdag teen die Blues in Auckland wéét wat vorentoe wag.
CJ nie in Britse Leeus se eerste 23-tal nie
Vir Suid-Afrikaners en ook vir Munster se ondersteuners sal daar die teleurstelling wees dat CJ Stander nie vir Saterdag se eerste toerwedstryd van die Britse en Ierse Lees in Whangerei teen die Provinsiale Barbarians gekies is nie.
Daar was ʼn sewende Britse Leeu uit Suid-Afrika
Daar was toe ʼn sewende Britse en Ierse Leeu met Suid-Afrikaanse wortels.
Bitter Leeu-teleurstelling vir drie uit SA
Saam met die vreugde van CJ Stander se insluiting in die toerspan van die Britse en Ierse Leeus na Nieu-Seeland is daar die bitter teleurstelling van twee ander Suid-Afrikaners en ʼn Skotse Stormer wat met Jan Tuisbly se karretjie ry.
CJ Stander is sesde Britse Leeu uit Suid-Afrika
CJ Stander het Woensdag sover vasgestel kan word die sesde Suid-Afrikaner geword om vir die Britse en Ierse Leeus gekies te word, en soos Pale Toe! reeds uitgewys het die eerste Afrikaanssprekende.
CJ Stander in Britse en Ierse Leeus se toerspan na Nieu-Seeland
Ierland en Munster se Suid-Afrikaanse flank CJ Stander is ingesluit in die span van die Britse en Ierse Leeus wat oor ses weke hulle eerste wedstryd op die Nieu-Seelandse toer speel.
Leeus se Vaal-‘verrassing’ boemerang toe
Vir enige rugbytoerspan om susksesvol te wees, moet die span nie net op die veld nie, maar ook van die veld af tevrede gehou word.