Dis oujaar en elkeen van ons sal self oordeel of vanjaar vir hom of haar, of vir die mensdom, ʼn goeie jaar of ʼn annus horribilis was. In hierdie slotaflewering van ʼn terugskouing op 2015 kom die buiteland en die wetenskap aan die bod. Maar eerstens is dit belangrik om aandag te skenk aan hoe van die voorste analiste 2015 opsom.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "COP21"
SA aanvaar baanbreker-ooreenkoms oor aardverwarming
Suid-Afrika is een van 195 lande wat Saterdag ʼn mylpaalooreenkoms aanvaar het om globale klimaatveranderandering te beveg en die styging in wêreldtemperature tot minder as twee grade Celsius te beperk.
SA nie deel van groot koalisie vir bindende klimaatsooreenkoms
Die stof het skaars gaan lê ná die afgelope COP21, die internasionale klimaatberaad wat in Parys, Frankryk, plaasgevind het, of ʼn groep van ongeveer 100 lande het reeds ʼn koalisie gevorm “om ʼn meer aggressiewe ooreenkoms daar te stel”.
Nuuskommentaar: Wie is die grootste vyand?
Dit lyk of die bykans 200 lande in die wêreld teen die komende naweek ʼn deurslaggewende ooreenkoms kan bereik wat ʼn impak op klimaatsverandering in die toekoms kan hê.
Kaapstad óók by COP21 vereer
Die stad Kaapstad het Donderdag óók ʼn toekenning in Parys, Frankryk, by die COP21-beraad ontvang.
Johannesburg by COP21 vereer
Terwyl die stad Johannesburg spook om sy strate weer op te ruim sedert die staking van die vullisverwyderingsmaatskappy Pikitup opgeskort is, is die stad Donderdag in Parys in Frankryk bekroon met ʼn toekenning van die C40 Cities.