Daar is absoluut geen regverdiging vir dié grieselige feesviering en die pyn en lyding wat dit veroorsaak nie.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Guy Fawkes"
Departement waarsku leerders oor Guy Fawkes
Die Wes-Kaapse departement van onderwys het leerders gewaarsku dat onverantwoordelike optrede tydens vanjaar se Guy Fawkes-viering nie geduld sal word nie.
Guy Fawkes: Is ons strooipoppe op die vuurwerkstapel?
’n Dowe kind het amper sy oë verloor. Verskeie ander kinders het handbeserings opgedoen, diere het verskrik gevlug, en dis nie bekend hoeveel kere die brandweer uitgeroep is om in die stedelike gebied brande te gaan blus nie. En dit alles het net op Kaapstad betrekking. Hoeveel keer het dergelike tonele hulle nie in die res van die land op Guy Fawkes-aand afgespeel nie?
Kinders beseer, honderde klagtes ná Guy Fawkes
Verskeie persone, waaronder 10 kinders, is Donderdagaand in Kaapstad beseer tydens vuurwerkvertonings om Guy Fawkes te vier.