Cecilia Cilliers, die vrou wat op 21 Januarie ʼn plaasaanval naby Rouxville in die Vrystaat oorleef het, se toestand verbeter by die dag. Haar eggenoot, dr. Bennie Cilliers, is tydens die aanval doodgeskiet.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Rouxville-aanval"
Rouxville-plaasmoord: Verdagtes versoek regshulp
Die twee verdagtes wat tereg staan vir die moord op dr. Bennie Cilliers, wat Donderdag op ʼn plaas naby Rouxville in die Vrystaat doodgeskiet is, sal na verwagting vandeesweek regsverteenwoordiging kry.
Rouxville-aanval: Vrou steeds kritiek maar toestand verbeter
Cecilia Cilliers word steeds behandel in die intensiewesorgeenheid van Mediclinic Bloemfontein ná ʼn plaasaanval Donderdagaand naby Rouxville in die Vrystaat waarin haar eggenoot, dr. Bennie Cilliers, doodgeskiet is.
Rouxville-plaasmoord: Twee vas
Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die aanval en moord op dr. Bennie Cilliers en sy vrou, Cecilia.
Boer op Vrystaat-plaas vermoor
Volgens die polisie het plaaswerkers op die egpaar afgekom. Hulle hande en voete was vasgebind.