Gardens (Uitenhage) en Spring Rose (New Brighton) sal alles in die stryd werp wanneer hulle Saterdag op die WJ de Wetstadion op Despatch in die finaal van die Oos-Kaapse Super12-liga kragte meet.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Spring Rose"
Oos-Kaapse Super12: dis `n OP-eindstryd
Spring Rose en Gardens het seker gemaak dat twee spanne van die Oostelike Provinsie Saterdag op Despatch die eindstryd van die Oos-Kaapse Super12-reeks betwis.
OP-klubs wil Super12-eindstryd oorheers
`n Uitenhaagse derby en `n poging van Spring Rose om die eindstryd van die Oos-Kaapse Super12-reeks tot spanne uit die Oostelike Provinsie (OP) te beperk, kenmerk Saterdag die halfeindronde van die reeks.
Drie OP-klubs mik na boonste Super12-sport
Drie klubs uit die Oostelike Provinsie mik na die hoogste sport op die groeppuntelere van die Oos-Kaapse Super12-reeks wanneer die derde en laaste ronde Saterdag afgehandel word.
Super12: dis aarde toe vir Progress
Nadat hy verlede week die pas in die Oos-Kaapse Super12-reeks met `n reusesege oor Winter Rose aangegee het, is dit Saterdag aarde toe vir Progress teen sy Port Elizabethse teenstander Spring Rose.