Barack, Bruce skryf ʼn boek

Die rocker Bruce Springsteen en voormalige president van die VSA, Barack Obama, in ‘n skermgreep uit die aankondiging van hulle nuwe boek. Die boek word in Oktober vanjaar uitgereik.

Barack Obama en Bruce Springsteen reik in Oktober vanjaar ʼn boek uit wat geskoei is op die gesprekke uit hul podsending, het die uitgewer Random House Donderdag gesê.

Net soos in die podsending, “Renegades: Born in the USA”, sal die boek met dieselfde titel wêreldwyd beskikbaar wees op 26 Oktober. In die boek herkou dié oudpresident en rocker aan die toestand van die VSA en Obama en Springsteen se “eindelose liefde” vir die land, “met al sy uitdagings en teenstellings”.

Die duo raak in die podsending, wat vroeër vanjaar uitgereik is, aan temas soos rassisme, musiek en manlikheid.

Die boek sal ook handgeskrewe lirieke deur Springsteen bevat, saam met geannoteerde toesprake deur Obama.

“Deur die jare het ons gevind ons het ʼn gedeelde gevoel oor werk, oor familie en oor Amerika,” skryf Obama, volgens ʼn uittreksel van die eerste bladsye.

“Elkeen op ons eie manier was ek en Bruce op parallelle reise om die land wat vir ons albei soveel gebied het te verstaan. Om die land en sy stories te vertel. Soekend na ʼn manier om ons eie individuele reise te verbind vir betekenis en waarheid en gemeenskap met die groter storie van Amerika.”

Spotify het die podsendingsreeks van die twee bekendes as ʼn bemarkingstrategie verkry. Die diens fokus sedert 2019 op podsendings as ʼn stimulus en het daardeur reeds honderde miljoene dollar verdien.

RENEGADES

Bruce and Barack Obama announce their new book RENEGADES: BORN IN THE USA, a collection of candid, intimate, and entertaining conversations between them, will be published October 26th. Featuring photographs, handwritten lyrics, historic speeches and images, and never-before-seen archival material, it’s an illustrated portrait of two outsiders looking for a way to connect their unconventional searches for meaning, identity, and community with the American story itself. Pre-order now at renegadesbook.com. #Renegades

Posted by Bruce Springsteen on Thursday, July 22, 2021

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.