‘Boer soek ’n vrou’-paartjie word pienkvoet ryker

Die egpaar saam met hul draadharige foksterriër, Trompie.(Foto: Franzoa Media/Verskaf)

“Ons is baie, baie opgewonde. Dis een van ons grootste wense wat waar word. Ons kan nie wag om die kleinding te ontmoet nie.”

Só sê Hennie Lötter, een van die boere wat in 2016 aan die negende seisoen van die maatsoek-program Boer soek ’n vrou deelgeneem het, oor die nuwe pienkvoet wat vir hom en vroulief, Jacobu, op pad is.

“Die beskermingsdrang het reeds ingeskop. Daar gaan so baie vrae deur ʼn mens se kop, maar aan die einde van die dag weet ons waar ons hulp vandaan kom.”

Hennie en Jacobu Lötter word ouers. (Foto: Franzoa Media/Verskaf)

Hy vertel skertsend dat hy nie weet hoe Trompie, die paartjie se draadharige foksterriër, gaan reageer teenoor dié nuwe familielid nie.

“Hy was nog altyd nommer 1, 2 en 3. Ons is baie opgewonde en nuuskierig om te sien hoe hy gaan reageer.”

Die paartjie, wat vier jaar gelede Stilbaai toe getrek het, het die goeie nuus saam met familie en vriende gevier.

“Ons vier dit nog elke dag. Ons is bevoorreg met familie en vriende wat saam met ons opgewonde is. Die kleintjie het reeds ’n paar geskenke gekry!”

Hy vertel dat boere ’n sêding het dat iemand se karakter gemeet kan word aan die manier hoe diere deur hulle hanteer word.

“Ek weet Jacobu gaan ’n baie goeie ma wees. Sy is baie lief vir diere én mense.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Twee pragtige mense wat geluk en liefde uitstraal. Baie geluk julle. Ek weet sommer dat julle baie goeie ouers gaan wees. Mag die klein mensie vir jul net liefde en vreugde besorg. Trompie is net so oulik. Hy gaan ‘n goeie ouboet wees!

AmY ·

Baie geluk julle. En ook geluk aan Trompie wat ‘n ouboet gaan word. xxx

Racheltjie Debeer ·

Baie geluk. Mag die Here jul swangerskap seën.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.