Hykie Berg gaan pa word op 44

Hykie Berg en sy vrou, Gerridene. (Foto: Gerridene Berg/Instagram)

Hykie Berg is elke aand in die sepie Binnelanders as dr. Conrad Bester te sien, maar hy gaan binnekort sy stetoskoop vir ’n doek, stootwaentjie en fopspeen verruil.

In ’n kostelike Instagram- en Facebook-video het Berg die nuus nie net aan sy drie hondekinders gebreek nie, maar ook vir die wêreld vertel dat hy en sy vrou, Gerridene, binnekort ’n pienkvoet in die huis gaan hê.

Soos eendjies in ’n ry het die egpaar se schnauzers aandagtig gesit en luister hoe hul pa die opwindende nuus deel.

“Ons het al drie die kinders bymekaar geroep, hulle is netjies aangetrek, want ons moet nuus breek. Dis ’n baie sensitiewe saak,” het die 44-jarige akteur skertsend vertel.

Gerridene, met wie Berg in Maart 2020 getroud is, het opgewonde bygevoeg: “Nóg ’n Berg-baba!”

Net voordat hy ’n string sonarfoto’s opgetel het om skynbaar vir die honde ’n foto van die nuwe lid van die gesin te wys, het hy mooi aan hulle verduidelik dat die “babatjie nog in mamma se maag is”.

“Dis die groot nuus mense, die Bergs kry nog ’n baba!”

Só het Berg die video afgesluit met vroulief wat in die agtergrond van opwinding jubel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Trotse Boervrou ·

Wonderlike nuus! Baie geluk julle twee. Julle is so geseënd. Baie liefde en vreugde word jul toegewens met die klein mensie wat eersdaags julle lewe gaan verryk.

Danie ·

Baie geluk Hykie en Gerridene mag dit n bondeltjie liefde en vreugde wees. Hykie gelukkig het jy nou aanalmal bewys dat daar nog lood is in jou potlood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.