Video: Organiseer jou klerekas met min moeite

Lizel van der Westhuizen. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch/Maroela Media)

Om kaste reg te pak en van kledingstukke ontslae te raak is nie noodwendig boaan enigiemand se wenslysie nie. Dit ontketen dikwels ʼn kettingreaksie van frustrasie, stres en in party gevalle ontkenning.

“Dalk pas ek weer eendag in dié broek” of “netnou is daardie rokkie weer terug in die mode”. ʼn Gunsteling is ook natuurlik “ek het nie nou tyd daarvoor nie”.

Van ons sukkel ook om van daardie ou uitgerekte truitjie of gemaklike maar stokou donker broek ontslae te raak.

Gevolglik sit ons met ʼn kas propvol klere en ten einde dra ons net 20% daarvan.

Voorkomskonsultant en eienaar van Full Circle Image Consulting, Lizel van der Westhuizen, het egter topwenke om jou klerekas met min moeite te verminder.

Maroela Media het haar hulp ingeroep om modewenke vir die wintermaande in ʼn videoreeks met lesers te deel.

In die jongste video gee sy praktiese en maklike wenke om daagliks te besluit wat bly en wat gly in jou klerekas sonder om tyd of moeite daaraan te bestee.

  • Kyk die video onderaan die berig.
  • Kyk die eerste episode waarin Lizel haar vyf topitems lys vir dié wat vanjaar in die allernuutste wintermode wil pronk.
  • Kyk die tweede episode waarin sy die vyf sleutelitems deel wat sal verseker dat jy met min inkopies optimale mode-opsies hierdie winter het.
  • Kyk episode drie waarin sy wys hoe jy someritems in die winter kan benut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.