Kate steel kollig by ‘Top Gun: Maverick’-première in Londen

Die foto wat internet-tonge laat klap het. (Foto: Dan Kitwood/AFP)

Tom Cruise is dalk een van die wêreld se bekendste akteurs, maar alle oë was verlede week op Kate Middleton, die hertogin van Cambridge, tydens die Britse première van Top Gun: Maverick.

Die hertogin – wat dikwels aandrokke met losser snitte dra – het ʼn noupassende skouerlose swart Roland Mouret-rok met ʼn wit Bardot-neklyn vir dié rooitapytgeleentheid gekies. Dié afskouer-styl is deur die Franse-aktrise Brigitte Bardot bekendgemaak.

Sy het ook haar kenmerkende sagte krulle laat vaar vir ʼn gladde, los haarstyl wat haar skouers oop gelaat het en haar Robinson Pelham-diamantoorbelle beklemtoon het.

Tom Cruise verwelkom die koninklike-egpaar by die première. (Foto: Justin Tallis/AFP)

Die hertogin en haar man, Prins William, het saam met sterre soos Cruise, Jennifer Connelly en Val Kilmer op die rooi tapyt in Leicester Square vir dié lankverwagte fliek se glansryke première aangesluit.

Maroela Media het onlangs berig dat Cruise (59) dié rol 36 jaar nadat die eerste Top Gun-fliek sy uiters suksesvolle loopbaan in 1986 vlerke gegee het, in die jongste aflewering hervat. Die rolprent se uitreiking is weens die Covid-19-pandemie sedert Junie 2020 twee keer uitgestel, maar gehore wêreldwyd gaan dit van einde Mei uiteindelik kan sien.

Dit blyk egter dat die internet meer in Kate se uitrusting as Maverick se terugkeer na die silwerskerm belanggestel het.

People het oor die naweek berig dat soektogte na die term “Bardot-rok” binne 24 uur ná die première met 263% toegeneem het. Die aanlyn aanvraag na swart-en-wit rokke het glo ook toegeneem kort nadat Kate en haar man saam met Cruise op die rooi tapyt gestap het.

ʼn Foto waar Cruise vir Kate by ʼn stel trappe help het ook die internet-tonge laat klap omdat daar onsekerheid is of koninklike etiket toelaat dat Cruise aan Kate “mag vat”.

Prins William en Kate op die rooitapyt. (Foto: Dan Kitwood/AFP)

Omid Scobie, Yahoo UK se koninklike uitvoerende redakteur en mede-outeur van prins Harry en Meghan Markle se biografie, Finding Freedom, het egter vir Page Six gesê dat daar “geen amptelike reëls is wanneer dit kom by die aanraking van ʼn lid van die koninklike familie nie”. Hy voeg by dat dit afhang van aard van die geleentheid en interaksie en dat daar “baie dinge is wat as koninklike etiket of koninklike protokol beskou word, maar nie eintlik is nie”.

Dié geleentheid was egter nie die eerste keer wat Kate ʼn treffer tussen Hollywood-akteurs op die rooi tapyt was nie. Dié ma van drie het in September 2021 by die Britse-première van die James Bond-fliek No Time to Die in ʼn blink, goud- en silwerkleurige aandrok van ontwerper Jenny Packham behoorlik geskitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Linda ·

Tom Cruise is so kort teen Prins William en Kate dat sy seker gedink het hy is die usher soos by die bioskoop wat jou die weg in die donker teater aanwys. Daarom dat sy toegelaat het dat hy haar by die trap help aflei.

Ilze ·

As ek so na haar arms kyk lyk dit of sy gereeld met gewigte oefen. Sy lyk asemrowend.

piet ·

Die ouderdom begin wys…….ook maar goed want William begin al hoe meer soos sy pa lyk.

Nici ·

Sys lankal nie meer ‘n Middleton nie, sys ‘n Windsor. Wanneer gaan die media bykom?

Perdeby ·

En Prins William het ‘n swartpak met ‘n wit hemp en swart strikdas en swart skoene aangehad.

Karinb ·

En die prins se skoene het vliegtuigies op gehad … hy het ook ‘n sin vir mode!

Karinb ·

Ek is seker die pragtige Kate geniet ook die galante gebaar van ‘n aantreklike man soos Tom Cruise. Sy is nog nie koningin nie, so Tom kon maar haar hand vat en haar by die trap ophelp.

annie ·

… mmm… Diana het lank gelede ok so ‘n rok gedra… Ongelukkig vir Kate het Diana mooier gelyk. Maar ons almal traai maar. Queen Megan kom binnekort om die show oorvat tydens die groot okasie. Elizabeth sal moet uithaal om die shine te behou met twee tierkatte én Lilibet in die voorste linie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.