In ware Schuster-tradisie, vertel Frank and Fearless die komiese verhaal van vier oulike karakters se heldhaftige streke in die Afrika-bosveld.
ʼn Hartlike spoorwegsjef, Sonny Frank (Leon Schuster), en ʼn tienjarige plattelandse seun, Fearless (Themba Ntuli), besluit om Suidoos-Asië se ambassadeur te ontvoer in ʼn poging om die uitmoor van renosters stop te sit. Saam met hulle op hierdie missie is twee viervoet-vriende, wat bydra tot die pret en hart van die verhaal.
Reini is ʼn babarenoster wie se ma deur stropers doodgemaak is en Dog is Fearless se lojale swart brak. Wanneer dinge egter lelik skeefloop, word hulle gedwing om ʼn peloton genadelose stropers aan te vat, waaronder die skrikwekkende eks-wildbewaarder, Dolf (Kenneth Nkosi), met wie Sonny ʼn geskiedenis het.
Hierdie rolprent, uit die pen van Schuster, Gray Hofmeyr en Geoff Newton, is geskep deur ʼn dinamiese span rolprentkundiges, met bekroonde fliekmaker Hofmeyr (Jock of the Bushveld, Sweet and Short, There’s a Zulu On My Stoep) as regisseur en André Scholtz en Menzi Thabede as vervaardigers.
Frank and Fearless beloof om kykers te laat skaterlag, maar ook diep te raak met die ernstige onderliggende boodskap en persoonlike oorwinnings, wat sal aanklank vind by oud en jonk. Buiten kinematografie van hoogstaande gehalte, spog die rolprent ook met indrukwekkende 3D-animasiewerk (Luma Creative Studio), animasiemodellering (DreamSmith) en spesiale effekte (Refinery), asook die bystand van die beste kundiges om die tonele so outentiek as moontlik te maak.
“Ek het betrokke geraak nadat ek deur ʼn promosiemaatskappy genader is en het nog nooit teruggekyk nie,” het dr. Jana Pretorius van die Rhino Pride Foundation luidens ʼn mediaverklaring gesê. Die fliek sal mense hopelik bewus maak oor hoe kritiek die situasie is en ook watter emosionele saak dit is vir mense wat elke dag hierdie slagting moet aanskou en verwerk. Die kombinasie van humor en emosie is baie goed gedoen en sal harte aanraak.”
Komplimente vir uitsonderlike spel stroom ook in vir die sterbelaaide rolverdeling, wat Khanyi Mbau (Happiness is a Four Letter Word), Jennifer Steyn (Goodbye Bafana, Madam and Eve) en David Dennis (Soul City) insluit.
Frank and Fearless word op 23 November landswyd uitgereik.
Schuster het nog nooit n fliek gemaak wat volgens my humoristies was nie die twak wat hy opdis spreek boekdele van hoe sy kop werk.
Ag kan die toppie nie maar net aftree nie..hy maak net sy naam g@t. Ek is seker hy het al genoeg geld na al die g@tkruip by die ANC
Stem heeltemal saam met die twee menere. Schuster se flieks kraak meeste van die tyd wit Suid Afrikaners af en beeld die wit mense in Suid Afrika uit as dom en platvloers. Die man kan nie flieks maak nie.
Het n gly in hom gekry toe hy een aand op die verhoog op sy knieë neerslaan en in aanbidding vir Queen van die ou Generations skree “My Queen, My Queen” met sy hande wat op en af in die lig waai.
swak swak en nogmaals swak. sy flieks hopeloos maar party van sy : candid camara; storieswas nie sleg nie.
Tyd vir aftree grootseun. Al lankal!!