Hier is die wenners van die Cosmetix-bederfpakkies

Estelle Rosse-Allen en Quezelle Pieterse is as die gelukkige wenners van dié pakkies aangewys. (Foto: verskaf)

Die beroemde Franse modeontwerper Yves Saint Laurent het gesê dat passie die beste skoonheidsproduk is wat ʼn vrou kan gebruik, maar dat grimering egter makliker is om te koop.

As daar nou iemand is wat passievol is én die mag van ʼn mooi lipstiffie verstaan, is dit Cindy Nell-Roberts.

Dié voormalige Mej. Suid-Afrika is vandag tuis in die sakewêreld en is tans die uitvoerende hoof van Cosmetix, wat onder meer grimeer- en skoonheidsprodukte soos essence en CATRICE invoer.

Die ma van twee het onlangs met Maroela Media in ʼn podsendingsreeks gesels oor die strategie agter skoonheidskompetisies, haar , asook haar onlangse mylpaalverjaarsdag.

Die model, TV-aanbieder en sakevrou het 20 jaar terug die Mej. SA-kroon gedra. (Foto: verskaf)

Twee gelukkige Maroela Media-lesers het as deel van dié reeks die kans gehad om elkeen ʼn Cosmetix-geskenkpakkie ter waarde van R1 000 te wen. Elke pakkie bevat skoonheidsprodukte van essence, CATRICE en Caribbean Tan.

Die kompetisie het Woensdag om middernag gesluit en Estelle Rosse-Allen en Quezelle Pieterse is as die gelukkige wenners aangewys.

“Baie dankie Cosmetix vir die lekker bederf. Ek kan nie wag om dit te gebruik nie. Dankie ook aan Maroela dat julle ons altyd ingelig hou en maklike toegang tot die nuutste nuus gee,” sê Pieterse.

Hou Maroela Media dop vir nog lekker kompetisies en skryf in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.