AIG-kaartjies binne halfdag uitverkoop

Kaartjies vir Afrikaans is Groot is uitverkoop. (Foto: verskaf)

Vir die eerste keer sedert die Covid-19-pandemie kan die Afrikaans is Groot-reusekonsert voortgaan en dit is beslis ’n geleentheid wat Suid-Afrikaners nie deur hul vingers laat glip het nie.

Kaartjieverkope vir dié spoggeleentheid het Dinsdag 26 Julie om 10:00 geopen en ná slegs 12 uur is die kaartjies uitverkoop.

Hoewel die proses traag was, het duisende Suid-Afrikaners geduld aan die dag gelê en steeds hulle kaartjies vir die megakonsert aangeskaf.

Daar is darem goeie nuus ook! Diegene wat nie onder die gelukkige kaartjiekopers was nie, moet 1 Augustus in hul dagboeke merk. Dít is die dag waarop kaartjieverkope vir nóg ’n konsert of twee geopen sal word.

“Uit die aard van die navraag maak dit die stelsel stadiger as gewoonlik, en neem dit langer tyd vir die bank om die transaksies te verwerk, maar julle geduld sal beloon word,” het Johan C Venter, bemarking-en-handelsmerkbestuurder van die Coleske Groep en Afrikaans is Groot, oor die nuwe konserte gesê.

  • Loer hier om te sien wie by die reusekonsert te siene gaan wees.
  • Vul dié vorm in om jou behoeftes met die organiseerders van Afrikaans is Groot te deel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Madz ·

Ek is een van die gelukkiges wat kon kaartjies kry – ons is uitgehonger vir ons Afrikaanse kultuur konserte en kan nie wag vir die dag nie! Dis net vir my baie sleg dat (van) ons regtig groot name nie hierdie rondte gaan deelneem nie. Ek verwys natuurlik na Steve Hofmyer & Johanita du Plessis. Ons het reeds soveel ikone verloor die afgelope tyd (Theuns Jordaan) …. hoekom dan doelbewus en wederegtelik (van) ons grootste sangers en trekpleisters nie insluit nie? Ja ek weet daar is “politieke redes” waarom van ons sangers hulself onttrek het van die show en TER WILLE van AIG, maar ek is doodseker daar is alternatiewe plekke waar politieke vingers NIE ‘n rol kan/sal speel rondom hierdie tipe besluite nie. Dit is alreeds so vrek moeilik om AFRIKAANS as ‘n taal in hierdie land van ons te laat geld – iewers moet ‘n besluit geneem word dat selfs ons g@atvol nou G@TVOL is.

George ·

Ons het gekry, ek dink wel kaartjies moet gelimit word per persoon dat meer mense die geleentheid kry, ek en medewerker moes vir maatskapy n hele paar, n HELE paar koop, en kon net insit hoeveel ons soek en dis so deur gesit. 100+ sitplekke.

Anna84 ·

Hy het op facebook verduidelik waarom hy nie daar is nie. Indien hy deel sou wees van die konsert, sou van die borge onttrek agv politieke redes.

George ·

Weens politiese redes, en om hom te betrek en al die ander die geleentheid te ontgin agv borge wat sou onttrek is ook nie regverdig nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.