En die kunstenaars wat op die Super Sokkie-bootreis gaan, is …

Anzélle. (Foto: Verskaf)

MSC Cruises en SuperEvents, wat die Super Sokkie-bootreis aanbied, gee vir twee opkomende Afrikaanse kunstenaars die geleentheid om van Durban na die Portugese Eilande – en wie weet, selfs op die wit sand van die eiland self! – die Super Sokkie-bootreisigers van 2024 te vermaak.

Van 8 tot 11 Maart 2024 sal die blondekop-popsangeres Anzélle en die musikant en liedjieskrywer JD Mars saam met Kurt Darren, Juanita du Plessis, Early B en Justin Vega, Jay en Lianie May, Nicholis Louw, Jakkie Louw, Dirk van der Westhuizen, Samantha Leonard en Ray Dylan op die splinternuwe MSC Splendida skoffel en kuier.

Opgewekte Afrikaanse musiek gaan nie net van die dek tot die sitkamer tot die restaurante en teater van die skip weerklink nie, maar ook op die wit seesand van die Portugese Eiland.

Anzélle sê sy is uit haar vel opgewonde om die bootreis mee te maak. “Ek is dankbaar vir almal wat vir my gestem het, want ek het amper nie gedink ek staan ‘n kans nie,” sê die borrelende blondekop.

Sy sê ook sy is ‘n groot aanhanger van Juanita du Plessis, en sien baie uit daarna om haar te ontmoet en saam met haar te sing.

“Ek het grootgeword met Juanita se liedjies. Oggend, aand en elke naweek het ek na Juanita geluister. My familie en vriende gaan saam met my op die skip klim, en ek hoop ons kan die skip vol maak met Afrikaanse musiekliefhebbers.”

JD Mars. (Foto: Facebook/JD Mars)

Volgens JD Mars voel hy soos ‘n kind in ‘n speelgoedwinkel nadat hy die nuus gekry het dat hy op die Super Sokkie-bootreis sy musikale vernuf ten toon kan stel.

“Ek het sterre in my oë van opgewondenheid. Al wat nou moet gebeur is dat Afrikaanse musiekliefhebbers ons moet ondersteun en saam met ons kom reis!”

Maroela Media gaan ook sorg vir heerlike pret op die dek. Daar sal onder meer ʼn paar verrassings wees met opwipvertonings in die verskillende lokale.

Vir ʼn deposito van slegs R3 000 kan jy na Juanita se “Dis Tyd” en “Ska-rumba” op die dek luister, sien hoe Ray Dylan “Jessica” in die sitkamer sing en op die maat van Dirk van der Westhuizen se “Sexy vir my” skoffel.

Vir meer inligting, klik hier. Om sommer onmiddellik seker te maak jy loop nie die geleentheid mis nie, bespreek hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.