Franja klim die Top-20-leer

Franja du Plessis.

Dit was ʼn goeie week vir die sangeres en liedjieskrywer Franja du Plessis. Haar jongste enkelsnit, “My lief”, wat verlede week in die 16de plek op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 gedebuteer het, klim vandeesweek na die derde plek.

Brendan Peyper se jongste enkelsnit, “Stop die wêreld ek wil afklim”, klim vandeesweek na die 12de plek nadat dié liedjie ook verlede week die top-20 betree het.

Die sangduo Reën, wat Maandag aangekondig het dat ʼn nuwe lid eersdaags die plek van René de Klerk sal inneem, se “Vakansie op die platteland” beklee die 13de plek op die top-20.

Riaan Benadé en Jay se “Rowwe bliksem” bly vir die vierde agtereenvolgende week in die eerste posisie.

Die liedjie is deur Riaan, Jay en die akteur en sanger Marno van der Merwe geskryf en dien hoofsaaklik as bemarking vir die brandewyn- en baardoliehandelsmerk Buffelsfontein.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar ses snitte wat styg, nege wat daal en vyf wat onveranderd bly.

  1. Riaan Benadé met Jay – “Rowwe bliksem”
  2. Eloff – “Johnnie blou”
  3. Franja du Plessis – “My lief”
  4. Riaan Benadé – “Spontaan”
  5. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  6. Riaan Benadé – “Vat ’n bietjie”
  7. Appel – “Dina”
  8. Ruhan du Toit – “Ter wille van ons kinders”
  9. Demi Lee Moore – “Wie se hart breek jy vanaand”
  10. Franja du Plessis – “Bring dit”
  11. Bernice West – “Dink aan jou”
  12. Brendan Peyper – “Stop die wêreld ek wil afklim”
  13. Reën – “Vakansie op die platteland”
  14. Bernice West – “Hemel op aarde”
  15. Demi Lee Moore – “Kan jou nie my maak liefhê”
  16. Wikus Botma – “Brannewyn lippe”
  17. Demi Lee Moore & Riaan Benadé – “Kannie sonder jou nie”
  18. Jay & Irene-Louise van Wyk – “My volgende fout”
  19. Die Heuwels Fantasties ft Coenie de Villiers – “Victoriabaai”
  20. Ricus Nel – “Ploeg jy”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe vrystellings

Ian Putter, André Faurie en Ruan Pieterse van Die Eindste. (Foto: Awie Greyling/228 Photography)

Die Gautengse rockgroep Die Eindste het pas die nuwe musiekvideo van hul lied, “Jou optog”, uitgereik. Die liedjie gaan oor die angs van sosiale verwerping en die uitwerking wat dit op jou lewe kan hê. Die video is op Pringlebaai in die Wes-Kaap geskiet.

Daniel Wesley, ’n voormalige Vrystater en vorige lid van die Bloemfonteinse rockgroep K2, se Afrikaanse debuutenkelsnit is die afgelope week uitgereik. “Huis is waar die hart is” is ’n ode aan mense wat in Suid-Afrika moes agterbly nadat hulle families na die buiteland verhuis het.

Volgens Daniel is die boodskap van die liedjie dat verlange nie perke of grense ken nie en dat die pad altyd huis toe lei, maak nie saak hoeveel duisende kilometer jy van jou geliefdes af is nie. Oos wes, tuis bes.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.