Grammys 2020: Billie Eilish, Lizzo maak skoonskip

Billie Eilish tydens die 62ste Grammy-toekennings in Los Angeles, California. (Foto: Alberto E. Rodriguez/Getty Images for The Recording Academy/AFP)

Die 62ste jaarlikse Grammy-musiektoekennings is Sondag in Los Angeles in die VSA uitgedeel. Die 18-jarige sangeres en liedjieskrywer Billie Eilish was die groot wenner van die aand en het vyf toekennings ingepalm.

Eilish, wat onlangs die geskiedenisboeke gehaal het as die jongste skrywer van ʼn James Bond-fliek se temalied, het ook tydens die Grammy-geleentheid geskiedenis gemaak deur die jongste solokunstenaar te word wat die beeldjie vir album van die jaar gewen het.

Die vorige rekord is gehou deur Taylor Swift, wat op 20 die Grammy vir album van die jaar ingepalm het vir Fearless.

Eilish het saam met album van die jaar vir haar album When We All Fall Asleep Where Do We Go nog vier van die grootste pryse van die aand opgeraap.

Sy is ook vereer met die goue grammofoon vir beste nuwe kunstenaar, liedjie van die jaar en opname van die jaar vir “Bad Guy”. Sy is ook met die beeldjie vir beste vokale popalbum huis toe.

Lizzo tydens die 62ste Grammy-toekennings in Los Angeles. (Foto: AP Photo/Chris Pizzello)

“Bad Guy” het liedjies soos “Lover” deur Taylor Swift, “Always remember us this way” deur Lady Gaga vanaf die A Star Is Born-klankbaan, “Truth Hurts” deur Lizzo en “Norman F***ing Rockwell” deur Lana del Rey uitgestof in die kategorie vir liedjie van die jaar.

Lizzo is met die Grammy-toekenning vereer vir beste tradisionele R&B-vertoning vir “Jerome” asook vir beste urban- kontemporêre album vir Cuz I Love You (Deluxe) en beste solo-popvertoning vir “Truth Hurts”.

Lizzo het die aand geopen en het haar vertoning aan die basketbalspeler Kobe Bryant opgedra wat Sondagoggend saam met sy 13-jarige dogter Gianna en nog sewe passasiers dood is in ʼn helikopterongeluk. Dié nuus het die Grammy’s oorskadu.

Hier is ʼn volledige lys van die wenners.

Bronne: CNN, BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frank ·

Jiggie, haar Bad Guy en When the party is over op Youtube gekyk. Maar ‘n grillerige storietjie, die girl. En dit op 18? Enigiets van bv Taylor Swift moet tog beter wees?

Noels ·

@Frank: gaan kyk bietjie die video vir Bury A Friend, dis nog erger.

Dries Moolman ·

Interessant hoe die man (Finneas) wat die grootste rol gespeel het in haar sukses, en self OOK 5 Grammys gewen het, vir sy bydrae tot haar sukses, nie rerig genoem word in die media of sosiale media nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.